Dandus & Lizmari Lombard

STORIE:


7 Julie 2017 het ons mekaar ontmoet, nie in die dorp waar ons albei vir 6 jaar gewoon het nie nee, maar soos die noodlot dit wou hê, n koue winters aand n paar dorpies oor. Hy het ingestap en dit was liefde met die eerste oogopslag vir my. Ek het gelag en gesê “daar is nou ‘n man van wie ek kan hou” maar ek het hom leer ken en dit het vinnig verander na “dit is die man wat ek die res van my lewe gaan liefhê”

7 Julie 2019, 7min oor 7hr het ons verloof geraak by kolkol in die sewejaartjie huisie terwyl Andriëtte se sewe oseane speel. Hy het op sy knie gegaan en gesê “my engel, vir die wêreld is jy dalk net ‘n mens, maar vir my, is jy my hele wêreld” in daardie oomblik het ek geweet hoe dit voel om werklik lief te hê en lief gehê te wees. Natuurlik was die antwoord ja!

Beplanning het afgespring en ons sou Mei 2020 die knoop deurhaak maar met die pandemie moes ons nie eenkeer nie maar drie keer ons datum skuif, ons lokaal verander en ons gaste getalle verminder. Dit het swaar op ons harte gelê, die gemoedere was gedemper en toe verloor ons ‘n ma en ouma. Ons harte was gebreek maar hulle het soveel liefde vir ons gehad dat ons met alle mag en krag voortbeweeg het.

17 April 2021 het ons uiteindelik man en vrou geword. Die perfekte sonskyn dag by Skilpadvlei wyn plaas, soveel liefde en soveel samesyn. Ons kon nie vir beter gevra het nie. Daardie dag was die Here en ons verlore liefdes se hande oor ons, jy kon dit voel.
Daardie dag en elke dag sedertdien.
Met soveel liefde bou ons ‘n toekoms, met elke tree, stap ons die pad saam.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om op te teken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Woolworths en Party decor hire Strand
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: Party decor hire
  • Fotograaf: Wrensch Lombard Photography
  • Gaste Geskenke: Twice as nice cakery
  • Grimering: Monette’s Bridal Studio en naals was Minelliart
  • Hare: Monette’s Bridal Studio
  • Huweliksbevestiger: Ds Melissa Hoffmann Gordon’s bay
  • Trouring: Titanium studio design
  • Troukoek: Twice as nice cakery
  • Koördineerder: Letitia by Skilpadvlei
  • Musiek: The Party Technician
  • Platejoggie: The Party Technician
  • Skoene: Foot-ish western cape
  • Strooimeisie-rokke: Gelique
  • Trourok: Bridal Unique Strand
  • Venue: Skilpadvlei
  • Paartjie se verblyf: Skilpadvlei
  • Huwelik kontrak: Miller Bosman Le Roux Somerset West
  • Wittebrood plek: Nog nie, wil graag na Zanzibar