David & Marili Ferreira

STORIE:


Ons is in Maart verloof en nie een van ons wou ‘n lang uitgerekte verlowing he nie. Ons het dadelik weggespring met beplanning en alles wat daarmee gepaard gaan. Ons wou baie simboliek gebruik en die storie van Jesus wat vir sy Bruid wag, deur ons troue uitbeeld. Ons het onder n chuppah (Joodse afdakkie) getrou met n prayer shawl (tallit). Ons het nagmaal gebruik, ‘n menorah (kandelaar) saam aangesteek en ons huweliksbelofte aan mekaar gelees en geteken. In die dekor was daar baie granate, en menorahs op elke tafel. Die dankie geskenkies was ook deur ons altwee bymekaar gesit, n salwingsolie in n balm verskillend vir die mans en vrouens. Ons wou ook he dat die troue gemaklik en net n groot saammesyn moes wees en het dus gourmet burgers bedien en vir nagereg wafel roommys bakkies en n verskeidenheid van toppings.

Die dag van die troue was ook die koudste…. al die daae voor die troue was dit lekker somer weer en al die dae na die troue heerlike warm weer. Die dag van die troue was yslik koud, maar het darem gesorg vir baie mooi fotos. 🙂

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Flowers4u George asook my ma
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Familie
  • Fotograaf: Coba Photography
  • Grimering: Anja
  • Trouring: Mia Jewellers
  • Skoene: BluBetty
  • Trourok: ANje Bridal Couture
  • Venue: Oppie Plaas, Waboomskraal