Demarno & Zanévia Nortjé

STORIE:


Ons ontmoet 2016 toe ek my matriek uitslae kry en hy saam sy broer daar is(wie saam my matriek was). Ons het vir 6 maande “ge-date” voor hy my gevra het vir ‘n verhouding. Na sowat ‘n jaar en 6maande het ons opgebreek.

18 December 2018, na 13maande het ons besluit om “ons” weer ‘n kans te gee. En soos hulle sê , daai tweede keer is verewig. Ons het besef wat ons regtig wou hê. En dit was mekaar. Dit was defnitief beter as enige ander verhouding. Ons meer verlief as ooit van te vore en het geweet ons wil nooit weer sonder mekaar wees nie.

18 November 2020 besluit ons dat ons die knoop wil deur hak. Ek het besluit dat ek self ons troue sal beplan. So ek was my eie “wedding planner”.

18 September 2021 was ons groot dag wat ons trou aan mekaar belowe het. Ons Hemelse Pappa het ons gesëen met ‘n baie mooi, lieflike sonskyndag. Vir ‘n beter dag kon ons nie vra nie. Weens Covid-19 kon ons nie almal wat ons gaag wou nooi vir die bruilof nooi nie.
Naaste familie en vriende kon darem die bruilof viering met ons deel.

Ons was bevoorreg om ‘n mooi seremonie en ‘n lieflike , vrolike onthaal te kon hê. Waar ons lekker kon kuier en dans met al ons gaste.

En nou is ons gereed vir die toekoms en vir ons “Happily Ever After”

Die Nortjé’s

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Die bruid
  • Bruidegom-pak: The Suit Studio Mosselbaai
  • Dekor: Gehuur by Fancy Functions Mosselbaai. Gedoen deur die bruid
  • Fotograaf: Bravura Photography
  • Grimering: Simone – Profesional Make-Up Artist
  • Hare: Maritza Stylz
  • Huweliksbevestiger: Vader PA Rhodes
  • Juweliersware: Bruid oorbelle deur Kay-Lynne Volkwyn
  • Trouring: Lionel Alaart
  • Troukoek: Estelle Aucamp
  • Musiek: Raywill Wilson
  • Platejoggie: Raywill Wilson
  • Skoene: Bruidegom-Markhum , Bruid-Truworths
  • Strooimeisie-rokke: Elizabeth Designs
  • Trourok: Elizabeth Designs
  • Venue: Ilita Lodge
  • Vervoer: Vanilla deur Anniline Venter