Deonni & Eugene de Beer

STORIE:


Een aand by ‘n braai, soos baie Suid-Afrikaanse liefdes verhale, het ek oë op ‘n ou kennis vir die eerste keer in ‘n baie lank tyd gelê. Dit WAS hy. Die probleem hier was, dat dit my boetie se braai was en dat dit een van sy vriende was. Hier het kleinsus glad nie geweet wat om te doen nie.

Van die begin af, by daardie braai, kon ons so lekker saam lag. Van daar af was ons net soos vinkel en koljander. Soos in enige verhouding was alles darem nie net maanskyn en rose nie, maar ‘n beter beste vriend, lewens maat en grooter liefde as hy sal ek nie in die leeftyd kry om saam my die pad te stap nie.

Ons was 3 jaar saam toe ons verloof raak. Natuurlik het hy eers gevra na hy vir my kos gemaak het. Die man ken darem die pad na ‘n vrou se hart of hoe? Ons het nog altyd beplan om ‘n jaar verloof te wees en ons tyd te vat om alles te beplan. Ons het op ‘n datum besluit, 28 Maart 2020.

Die beplanning van die troue was moeiliker as wat ons gedink het. Ons het op elke afdeling ‘n begroting gehad soos, geskenke, lekkergoed tafel, venue, DJ, foto’s, klere, gevolge ens. sodat ons nie beheer verloor nie. My ouers het graag gehelp met die betaal van ‘n paar goedjies. Maar wat dit baie spesiaal gemaak het was die dekor. Ek en my ma het Saterdag na Saterdag aan dit gewerk. Dit het so fantasmagories gelyk en dit was uiters spesiaal!

Die beplanning was ‘n kronkelpad vir my om eerlik te wees. Maar om na elke dag in Eugene se oë te kan kyk het alles beter gemaak, hy was sooo geduldig met my. Ons het op ‘n venue besluit, Helderwater. Ons het maklik op ‘n tema besluit, rustic chick. Die gevolge was gekies en ‘n volledige program van die dag uiteengesit.

Dis die week van die troue. Opgewonde vlinders vlieg in my maag rond terwyl ons laaste goedjies rëel en agter mekaar kry, Saterdag trou ons! En toe, lockdown…..

Ons almal snak na ons asems en die trane loop behoorlik. Ons het dit nie verwag nie. Maar trou sou ek daardie week trou! Ek het die 25ste Maart sy klere op die bed uitgepak met ‘n briefie wat sê :” Kry my by die Kerk.” Daardie dag het ons in die teenwoordigheid van ons heel naaste hartsmense en God trou aan mekaar beloof tenspyte van die situasie.

Meeste mense sal sê ons is simpel om nogsteeds die groot onthaal te wou hou, en hulle het. Maar dit was reeds betaal en ons verdien tog almal so ‘n spesiale dag. September was ons nuwe datum. Na baie oorweging weens covid het ons besluit om weer uit te stel. 10 April 2021 gaan ons WEER trou!

Ons venue bied nie meer langer hulle asemrowend mooi gronde aan vir troues nie…. Hoe nou? Ons word geskuif na ‘n nuwe venue, De Rust. Baie hartseer het ons dit maak werk en alles het net meer as perfek uit gewerk op die ou end. Dit was amper asof ons daar MOES trou. Dit was vir my ‘n asemrowende dag. Die son was uit, almal se gesiggies mooi helder en ‘n wit glimlag waar jy kyk.

Die rëelings op die dag het seepglad verloop. Dit kon regtig nie beter verloop het nie. Ons was eintlik voor die program. Van die klaar maak proses saam vriendinne en familie tot die foto sessies het ons so gelag en onsself waarlik gate uit geniet. Die was die dag waarvoor ons so lank gewag het en niks kon dit steel nie!

Die diens was vol emosie, die trane het behoorlik gerol soos ek en Eugene ons beloftes aan mekaar vertel. Dit was kort maar beslis kragtig en sal altyd ‘n merk in my hart los. Selfs daar het ons ‘n lag of drie gedeel saam met ons gaste. Om te lag is vandag nog by verre my gunsteling aktiwiteit saam my man!

Die onthaal het ook so mooi verloop en ons het dit ook gate uit geniet. Alles moes ongelukkig redelik vroeg afgehandel wees oor die inperkinge maar dit het ons nie gekeer om ‘n baie goeie tydjie saam ons hartsmense te deel nie. Uiteindelik! #debeeralweer

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: House of flowers
  • Bruidegom-pak: Carmen’s boutique
  • Dekor: Fanties Oulik
  • Fotograaf: Ilana van Zyl Photography
  • Grimering: Beauty Haven
  • Hare: Hair by Mel
  • Huurdienste: Leonie Bam de Rust
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Gerry
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Sterns / Titanium studio
  • Troukoek: Belinda Roos
  • Koördineerder: Self
  • Musiek: BM Promotions
  • Platejoggie: BM Promotions
  • Skoene: Truworths
  • Skryfbehoeftes: Self
  • Strooimeisie-rokke: Hanlie
  • Venue: de Rust
  • Paartjie se verblyf: de Rust
  • Huwelik kontrak: Sunnete Jooste Inc