Dylan & Ferrynne Roux

STORIE:


Ek en my man Dylan Roux het mekaar op skool geken ( nie dat hy dit onthou nie). Paar jaar later het ons mekaar ontdek op Facebook ( Ek het die eerste move gemaak om hom te kontak). So het ons verhaal begin n pad loop, later het ek besluit om hom saam te nooi om te gaan fliek saam my en my vriendin Chene Basson om IT te gaan kyk. Hy het natuurlik gedink ek is mal in kop, hy wou eintlik net rekenaar speletjies gespeel het as om eerder saam n mooi dame te gaan fliek. Hy het toe die groot man broek aan getrek in sy kar geklim en so het ons mekaar vir eerste keer na n lang tyd gesien. Van daai dag af het my man nog altyd my knee lam gemaak met sy sexy glimlag en superman brille. Na 3 jaar se paadjie wat ons saam geloop het, het ons besluit om dit verewig te maak. Ons het besluit om te trou op die 23st September 2021 en wat n dag dit was. Die oggend van die troue het ek vlinders in my maag gerky van al die opgewondenheid of was ek dalk net honger? Van die oomblik wat my hare en grimering gedoen was, tot die groot oomblik wat ek my rok moes aantrek is n tyd in my lewe wat ek nooit sal vergeet nie. Dit het my net laat besef hoe viinnig die tyd verby gegaan het van dat ek n klein dogtertjie was wat altyd nie kon wag vir die Groot Dag nie. Ek en my man het so lank en hard gebid oor daardie groot dag van ons omdat, ons ie geweet het wat gewag het met COVID nie. Maar die Here is altyd goed, Hy het ons gebede beantwoord. Met die paadjie wat ons gestap het, het ons verhouding met mekaar en die Here gegroei. Dit is n dag wat ek nooit sal vergeet nie, van die dekor tot die laaste dans was n sprokiesverhaal wat waar geword het. Mens moet in elke oomblik leef want, soos wat almal sê dit gaan in n oogwink verby, dit is die waarheid!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: Crystalene
    • Bruidegom-pak: Euro Suit
    • Dekor: Class A- Chez Charlene
    • Fotograaf: Tamzen Georgiades
    • Gaste Geskenke: Sweet Table
    • Grimering: Natassja Smit
    • Hare: Natassja Smit
    • Huurdienste: N/A
    • Huweliksbevestiger: Leeraar Werner van Wyk
    • Juweliersware: Lovisa
    • Troukoek: Baker Boys
    • Koördineerder: Deone de Jongh- Chez Charlene
    • Musiek: Classic- Modern-Steve- Four Seasons
    • Platejoggie: Steve- Four Seasons
    • Skoene: Bride & Co
    • Skryfbehoeftes: Eie
    • Strooimeisie-rokke: YDE
    • Tente: N/A
    • Trourok: Bride & Co
    • Venue: Chez Charlene Wedding Venue
    • Paartjie se verblyf: Chez Charlene-Honeymoon Suite
    • Vermaak: N/A
    • Vervoer: Eie Kar
    • Videograaf: N/A
    • Huwelik kontrak: Leeraar Hannes Fourie
    • Wittebrood plek: Crestwood