Ettiëne & Liza Van Staden

STORIE:


Ettiëne en ek het vir ‘n geruime tyd op faceboek en whatsapp gesels voordat ons uiteindelik 4 jaar gelede by ‘n Wimpy in Kemptonpark ontmoet het.
Toe ek hom die eerste keer sien het ek in my hart geweet hy’s die een wat liewe Jesus vir my uitgekies het.Ek onthou dit so goed. Ek het vir Ettiëne gestaan en wag by die parkeer area van die mall. Baie benoud en het ek bly wonder wanneer hy gaan opdaag. Toe ek omdraai toe staan hy lankal daar en kyk vir my! My hart het omtrent geklop.

Ons het dadelik gekliek en so lekker gesels. Almal sê altyd as jy weet, weet jy, en dis presies hoe dit vir ons was. Daar was geen stiltes, geen ongemaklike oomblikke tussen ons nie.

Daardie dag, 25 Julie 2017, was die eerste dag van die res van ons lewensreis saam. In die eerste 4 jaar het ons in ons eerste plekkie ingetrek, 2 viervoet kinders bygekry en soveel mooi herinneringe gemaak.

Ons verlowing was vir my die mooiste dag! Ek het natuurlik van niks geweet nie. Dit was Ettiëne se 21ste Verjaarsdag en ek het vir hom ‘n groot partytjie gereël. Intussen het hy ons verlowing op dieselfde aand beplan sonder dat ek iets agtergekom het.

Almal het buite rustig gesit en kuier toe ek met ‘n slim plan in die huis geneem en geblinddoek is. Toe neem hulle my weer buite toe en haal die blinddoek af. Daar staan Ettiëne se niggie met ‘n bordjie wat se “volg die lig na my hart”. Die ander gaste het ‘n tonnel gevorm met brandende kersies wat hulle doodgeblaas het soos ek afstap. En daar aan die einde het Ettiëne vir my gestaan en wag. Met trane in sy oe het hy afgesak op een knie en my gevra om sy vrou te word. Natuurlik het ek dadelik JA gesê

Ons het in Junie 2019 verloof geraak en het besluit om op 25 Julie 2020 te trou, omdat ons juis 3 jaar gelede op daardie dag ontmoet het, en dit soveel betekenis vir ons het. Maar ongelukkig weens Kovid moes ons die troue uitstel tot die volgende jaar en het toe uiteindelik getrou op 22 Mei 2021.

Ons troudag was baie spesiaal gewees. Dit was by Mooiplaas Trou en Funksie Venue wat geleë is tussen die waterberge. ’n Stukkie Kaap in die hartjie van die Bosveld!

Vroeg die oggend het ek en my vier strooimeisies bymekaar gekom en heerlike verversings en sjampanje geniet. Daarna het ons begin met hare en grimering. ‘N halfuur voor die diens het ons net rustig ontspan. Intussen het Ettiëne en sy manne lekker baljaar in hulle mannekamp.

Dit was die lieflikste dag, lekker sonskyn met geen wolkie in die lug.

Toe die bruidskar voor die kapel stilhou, net voor die kapel deure oopgaan, het ek in daardie oomblik besef my troudag is uiteindelik hier en ek gaan nou met my beste vriend trou! Toe die deure oopgaan en ek afstap na hom het die trane oor sy wange geloop. Dit was vir my so spesiaal. En natuurlik toe ons die troubeloftes lees het alles ‘n werklikheid geword.

Na die seremonie is daar fotos geneem. Die gaste kon grasperk toe beweeg waar hulle hulself kon help met heerlike canapés terwyl daar rustige musiek in die agtergrond gespeel het.

Daarna het die gaste hul pad na die saal, wat ongelooflik mooi opgemaak was, gevind. Dit was die mooiste sagste kleure blomme en roosgoud elemente met pampasgras en liggies wat van die dak af hang. ‘n Regte bohemian bling sprokiestroue.
Terwyl rustige musiek speel het ons geliefdes ‘n heerlike feesmaal geniet wat almal se monde laat water het.

Ons troudag kon nie meer perfek uitgedraai het nie. Van troubeloftes lees onder ‘n groot Wildevy-boom met ‘n prentjie mooi uitsig van die granadilla boord tot waar ons gedans het en dit gevoel het of ons op n wolk sweef.

Ons sprokiestroue het ‘n realiteit geword en ons is ongelooflik dankbaar vir almal wat ons dag so spesiaal gemaak het!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Icelebrate
  • Bruidegom-pak: Khaliques -Oriental Plaza
  • Dekor: Icelebrate
  • Fotograaf: Donovan Roets Photography
  • Grimering: Mé-kup by Elizmé ferreira
  • Huweliksbevestiger: I Do, I Do Weddings
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Gold Leaf Jewellery Company
  • Troukoek: Icelebrate
  • Koördineerder: Marlize -Mooiplaas bestuurder
  • Musiek: Chris Else
  • Platejoggie: Sean Duncan van DJ 2Hire
  • Skoene: Bruid-Kingsmead Bruidegom-Edgars
  • Strooimeisie-rokke: Dainty Dress Bridal Boutique
  • Trourok: Whimsical Bridal
  • Venue: Mooiplaas Trou en Funksie Venue
  • Paartjie se verblyf: Mooiplaas Trou en Funksie Venue
  • Vermaak: Chris Else (Sanger)
  • Huwelik kontrak: I Do, I Do Weddings
  • Wittebrood plek: Umhlanga Cabanas