Eugene & Tanya Marais

STORIE:


Ons is al amper 4jaar n paartjie, met baie dinge wat al teen ons getel het die afgelope paar jaar. Eugene se ouers het al twee afgesterf in n traumatiese skielikke manier in die laaste 2jaar. Ons het darm die geleentheid gehad om die nuus met sy ma te deel voor haar afsterwe. Ons het een aand gesit en gesels en net besluit dat ons gaan trou, geen verlowing, geen groot troue nie, net trou. Ons wou net saam wees vir die res van ons lewens. Ek het my oorlede ma se trou ring laat restoreer, sodat ons nie nodig het om enige gelde uit te gee op enige ringe nie. Aanvanklik wou ek nie eers n trou rok gehad het nie, maar Eugene het my oortuig om alles wat mooi is vir ons groot dag te doen. 12dae voor ons troue by ons gesamentlikke bachelor partytjie, het Eugene almal stil gemaak en my gevra om by hom te gaan staan, ek het gedink dat hy almal wil bedank vir die lekker dag, maar toe ek weer sien was hy op sy een knieg langs my, hy vra my toe assof ek hom die eer sal doen om met hom te trou, ek het vreeslik gehuil, want ek het dit glad nie verwag nie, nie die vraag nie, nie die ring nie, niks daarvan nie. Ek wou niks tradisioneel doen vir ons troue nie, so ons het nie n traditionele seremonie gehad nie. Ons gaste het almal na die kerk diens by die restuarant Top Dog in Rustenburg bymekaar gekom, en daar het ons almal gekuier, elkeen het hul eie rekeninge betaal, wat n verdere stress van ons afgehaal het. Ons het nie die finansies om n groot extravagant troue te he nie, en ook niks vir honeymoon nie, maar ons het mekaar, en dit is al wat ons wou he. As ek die dag kon oor he, sou ek alles presies dieselfde wou he, net langer, die dag was net te gou verby. Ek wil net vir my man se, hy is my hero in alles wat hy doen en ek het hom oneindig baie lief.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: The flower shed, ruikers mooi maak
  • Bruidegom-pak: Mystique’s bridal services
  • Dekor: Geen
  • Fotograaf: Photo factory – Teegan Devaney
  • Gaste Geskenke: The Macaroon shack – Ankia Weidemann
  • Grimering: Chane Jacobsz Venter
  • Hare: Lisa Jordaan
  • Huurdienste: Geen
  • Huweliksbevestiger: Past. Morne Lotter
  • Juweliersware: Persoonlik
  • Trouring: Persoonlik
  • Troukoek: Berend Klopper – Profesional chef
  • Koördineerder: Geen
  • Musiek: Persoonlik
  • Platejoggie: Too Dog Restuarant
  • Skoene: Freestyle
  • Skryfbehoeftes: Geen
  • Strooimeisie-rokke: Mystique’s bridal services
  • Tente: Geen
  • Trourok: Mystique’s bridal services
  • Venue: Top Dog restaurant
  • Paartjie se verblyf: Persoonlik
  • Vermaak: Gas kunstenaar by Top Dog restaurant
  • Vervoer: Kevin Pedersen en Duncan Jacobsz
  • Videograaf: Werner Venter
  • Huwelik kontrak: Dionne Lambrecht prokureurs
  • Wittebrood plek: Geen