FJ & Sharon Grobbelaar

STORIE:


Ek en my man, dit voel so lekker om so te kan praat, het in 2019 ontmoet. Ons het mekaar slegs 3 dae geken toe vertel hy my ek is sy meisie. Ek het op daardie staduim 400 km van hom af gebly en toe tref covid die hele wêreld. Oktober 2020 moes ek bedank by die skool waar ek skool gehou het en toe het ek nader aan hom getrek. In Februarie 2021 het ons verloof geraak en op 18 September het ons die knoop deur gehak.

Ek wou alles so rustig en moeiteloos as moontlik beplan vir ons troudag, en mense wat my bitterlik goed ken kan dit dalk nie glo nie. Ek dink meeste mense het n Bridezilla voorspel.

Jy wil trou en Covid hang soos n meulsteen om jou nek, want hoe kies jy die hartsmense, van die hartsmense. Hoe verduidelik jy dat jy graag jou ouma en jou familie se kinders wil beskerm teen hierdie virus wat my en my man net 2 weke voor ons troue kom aanval het. Hoe weet mens ooit wanneer alles gaan eindig? Hoe lank moet jy nou eintlík wag?

“Trou is nie perde koop nie” Jy was heeltemal reg, want hierdie was n leerproses en ontdekkingsreis op sy eie. Definitief iets van onskatbare waarde.

Hierdie is vir elke meisie wat nog wens vir díe een. Bly wens, wees flippen kieskeurig en vol nonsens daar is n man wat aan al jou tick boksies gaan voldoen, hou moed. Hou aan droom oor jou perfekte dag, en as jy jouself al reeds in hierdie opwindende proses bevind, wil ek jou aanmoedig om die bangmaak, buitensporige, waaghalsige of dalk minder tradisionele idees, wat jy vir jou groot dag het, ten volle uit te leef. Op een of ander briljante manier werk alles uit. Hou op wonder oor wat ander mense gaan sê, want dit gaan jou vir die res van die lewe weerhou van die JÝ wat jy so bitter graag wou ontdek. Daar sal nooit n regte tyd wees vir enige iets in die lewe nie, so moet jouself nie steer aan opinies of ander se oordeel nie.

As julle besluit om n maand of n week te trou, na jul verloof geraak het, of selfs direk te trou en nie verloof te raak nie dan doen julle dit so, dit gaan oor julle en julle lewe saam nie oor die hoeveelheid mese wat jy probeer gelukkig hou of probeer beïndruk nie. Die belangrikste deel is julle beloftes voor God, sorg dat dit eg is en sorg dat jy dit bedoel.

As jy alles perfek wil hê dan doen jy dit so. As iemand vir jou sê niks sal ooit perfek wees nie, dan draai jy om en volg jou kleindogtertjie drome! Want dit sal ♡

Ek het elke dag tenminste 2 keer na hierdie foto’s gestaar. Voor die troue wou ek ook alles perfek hê en glo my dit was, of te wel in my oë.

Hier is n paar foto’s wat ek uit my maag uit lag ek moes kort kort vir FJ herinner dat ons in die middel van ons troufoto’s is, en as ek my weer kom kry dan giggel ons net weer.
My hare was soms in my gesig, my veil het afgeval en soms het ek in my vermoë om in hakskoene vir 8 ure + te loop, betwyfel. Maar dit was alles perfek, want nou koester ek die beste en kosbaarste dag nóg.

Ons het besluit om n klein intieme troue te hou by Onder die Akker. ń Trou venue 10 km van my grootword plaas. Ek wou alles self doen. Alles moes perfek verloop en ek het niemand anders behalwe myself met die reëlings vertrou nie. Die einaars van Onder die Akker ken my al lewenslank, so dit was vir my n groot voorreg om hul ook deel van my groot dag te hê. Niks was ooit vir hulle te veel moeite nie en hulle het n oplossing vir alles.
Die dag was prentjiemooi amper n sprokies verhaal.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Bruidegom-pak: Vileste Courture
  • Fotograaf: Organictales
  • Juweliersware: American Swiss
  • Trouring: Titanuim Studio American Swiss
  • Skoene: Fochini
  • Trourok: Nicole Spose
  • Venue: Onder die Akker
  • Paartjie se verblyf: Onder die Akker
  • Huwelik kontrak: Gilbert Pretoruis