Frans & Amory Klopper

STORIE:


Laat ons begin by die begin… Ek en my man was saam op skool van laerskool af. Ons het vriende geraak vanaf Graad 9 (2010) en was vir jare lank beste vriende. Hy het telke male vir my vertel hoe hy oor my voel, maar op daardie stadium het ek geen belangstelling gehad nie. In ons 2de jaar van universiteit (2015) het ons mekaar gevind en het ek smoor verlief geraak op hom. Ek moes hom net vertel en van daar af is ons gekeis. Ek het net geweet dit is my man en ons het op die regte stadium in ons lewe op hierdie manier by mekaar uitgekom. Ons was bietjie meer as 6 jaar saam toe hy my vra om met hom te trou. Ons het in daardie klompie jare baie dinge saam deur gemaak. My man se ma ia 3 jaar terug oorlede aan kanker en my pa is in hierdie jaar oorlede. Ons het dus al in al die mooi en die hartseer in die lewe gedeel. Ons het sommer vinnig vinnig ons troue in 3 maande beplan. Ons troue was ‘n sprokie in ons oë en die perfekte dag.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Blaauwfields wedding planner (Yonandi Saaiman)
  • Bruidegom-pak: Coquis Wonderboom
  • Dekor: Blaauwfields wedding planner (Yonandi Saaiman)
  • Fotograaf: Jana Strydom Photography
  • Gaste Geskenke: Something Lekka
  • Grimering: Lizelle De Jager
  • Hare: Swords and Scissors (Tharina Geyer)
  • Huurdienste: MNE Verhurings
  • Huweliksbevestiger: Lizari Dippenaar
  • Trouring: Elma Juweliers Witbank
  • Troukoek: Moeder van die bruid
  • Musiek: Cliff’ Disco Entertainment Services (Marcel Norton)
  • Skoene: Blu Betty
  • Strooimeisie-rokke: Gelique Couture
  • Trourok: Whimsical Bridal Hire
  • Venue: Kralinbergh Estate Ermelo
  • Paartjie se verblyf: Kralinbergh Estate Ermelo
  • Huwelik kontrak: Cindy Bekker
  • Wittebrood plek: Crystal Springs Mountain Lodge en Meerkatgat Marloth Park