Hendrik & Eden Van Vuuren

STORIE:


Ons is ‘n aanlyn sukses, die laaste plek waar albei van ons gedinknhet ons “die een” sou ontmoet. Maar ons het albei geweet dat ons ‘n toekoms saam mekaar sien, van daardie eerste ontmoeting in April van 2017.
Ons is in Desemer 2019 op Tergniet Strand verloof. Ek het dit gladnie verwag nie, dit was so spesiaal ons Engelse Bulldog Bismark het net 1 geword en ons is met hom vir die eerste keer op vakansie opsoek na ‘n rustige strand.Ons wou oorspronklik in Augustus 2020 trou maar moes uitstel weens Covid-19 soos so baie ander paartjies.Die datum verandering en beperkings van die tyd het niks aan ons beplanning en idees vir ons spesiale dag verander nie. Ons Venue Tsekama Lodge met eienaar Marinda Turvey aan die stuur daarvan het van die begin af ons harte gesteel. ‘N Bosveld Venue met soveel elegansie, waar ons nie soos net nog ‘n paartjie gevoel het nie maar ons so verlief en tuis gevoel het van die begin tot einde.

Die dekor en atmosfeer was vir ons baie belangrik! Ons wou hê dit moet elegant wees maar nie styf en ongemaklik soos soveel ander troues. Tsekama Lodge het gesorg vir presies dit alles van blomme en dekor tot kos, musiek en ongelooflike atmosfeer.

Ons is albei mense wat lief is vir die bosveld & die mooi in eenvoud vind soos Tsekama in die middel van die bos is ons dekor en kleur keuses, n verskeidenheid groen blare met swart en fyn elegante goud hier en daar.

Ons droom het perfek tot ‘n realiteit gekom en ons liefdes fees sal vir altyd onthou word, soos die ekstra spesiale bosveld son gesak het op die eerste dag van ons vir altyd saam.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Tsekama Lodge : Marinda Turvey
  • Bruidegom-pak: Khaliques Suit Centre
  • Dekor: Marinda Turvey Tsekama Lodge
  • Fotograaf: Major and Me
  • Grimering: FDK Styling Francois De Klerk
  • Hare: FDK Styling Francois De Klerk
  • Huweliksbevestiger: Past. Kobus Windt
  • Juweliersware: West Rand Diamond Cutting
  • Trouring: Grand Diamonds – Bruidegom Tungsten ring. West Rand Diamonds Bruid Platinum ring.
  • Troukoek: Tsekama Lodge
  • Koördineerder: Marinda Turvey Tsekama Lodge
  • Musiek: Schalk Burger Tsekama Lodge
  • Skoene: Bruid – Call It Spring. Bruidegom Khaliques Suit Centre
  • Skryfbehoeftes: Piekfijn- Ontwerp & Handgemaak
  • Strooimeisie-rokke: Tienie Correia
  • Trourok: Gabbiano Julianne- Michelangela Bridal Boutique
  • Venue: Tsekama Lodge
  • Paartjie se verblyf: Tsekama Lodge