Hentas & Therene Theron

STORIE:


In die jaar 2016, was ‘n “Juffroutjie” (Therene) van die Karoo, oppad na ‘n nuwe-onderwys pos in Vyeboom, Villiersdorp.
Met geen idee waar Villiersorp is nie, het ‘n familie-vriendin haar gehelp en voorgestel aan Eljo Theron in Vyeboom.So word die “Juffroutjie” vir ‘n aandete oorgenooi, by EljoTheron, waar sy terloops noem, dat dit net sy, die Oom en “Boeta” op die plaas is.

Die “Juffroutjie” het aangeneem dat boeta ‘n skoolkind is, en was aangenaam verras om ‘n volwasse mooi-man by die hek te ontmoet, wat nie vreeslik vriendelik en behulpsaam was nie. Hy het die “Juffroutjie” net aangekyk en net gesê “Jy moet die bakkie terugstoot, sodat ek die hek kan oopmaak.”
Na die aand se kuier, ontmoet en gesels, was daar geen nommers uitgeruil nie…….

‘n Maand later het die “Juffroutjie” vir Eljo gewhatsApp, om uit te vind waar die pinksterdienste gehou word. “Boeta” het ‘n geleentheid gesien om die “Juffroutjie” beter te leer ken en het toe terug geantwoord dat hy haar sal kom optel vir die pinksterdiens. (“pick-up line”) So daag “Boeta” toe daar op met ‘n bos blomme in die hand….

Albei het besluit om net vriende te wees, aangesien hulle pas uit gebroke verhoudings gekom het. (Maar dit het nie vir “Boeta” gekeer om te kom kuier by die Juffroutjie nie)

Na vele koffies en kuiers, het die “Juffroutjie” vir “Boeta” saam genooi na haar tuisdorp Prince Albert, om daar die “koppies” (Swartberg Pas) te beleef.
Aan die einde van die Prince Albert naweek met berge, baie lag en ‘n vinnige nagsoen van “Boeta”, was hulle onafskeidbaar.

Na 5 jaar se saamwees op 1 Maart 2021, het “Boeta” vir die “Juffroutjie” op die berg, in Vyeboom, tussen die dennebome, met pizza en wyn gevra om sy vrou te word.

Op 30 Oktober 2021 het “Boeta”(Hentas) en die “Juffroutjie”(Therene) se Sprokiesverhaal waar geword, by die prentjie mooi Devon Valley Hotel Stellenbosch, waar hulle ewig trou aan mekaar beloof het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: De Verzoek plaas – proteas; slangbos en willevy blare. Pennygum deur Devon Valley Hotel voorsien
  • Bruidegom-pak: Markhams – Somerset Mall
  • Dekor: Visual Creations décor and special effects
  • Fotograaf: Moments2media- Jenny Himschoot
  • Gaste Geskenke: Blou Hartjie koekies met die bruidspaar se voorletters op – Elfrieda Mostert Villiersdorp
  • Grimering: Abi en Ali van Pure Elegance Hair and Beauty
  • Hare: Abie van Pure Elegance Hair and Beauty- Kaapstad
  • Huweliksbevestiger: Ds. Jaqcues Greyling van Clanwilliam
  • Juweliersware: Lovisa – Haarknip en oorbelle ( blomme)
  • Trouring: Bruid: Nicole Jordan Designer Jewellery; Bruidegom: Wooden rings – Pierre Turner
  • Troukoek: ‘n Sjokolade ganache koek – “Naked cake”- Devon Valley hotel
  • Koördineerder: Almie van Devon Valley Hotel
  • Musiek: I get to love You – Ruelle
  • Platejoggie: Mr Music Mobile Disco
  • Skoene: Bruid- rooi-hakke; Bruidegom: bruin old Khaki skoene
  • Skryfbehoeftes: Jenga blokkies as gasteboek met fineliners
  • Strooimeisie-rokke: Elke stroomeisie het hul eie rokke laat maak.
  • Trourok: Robyn Roberts Bridal wear Mowbray Kaapstad
  • Venue: Devon Valley Hotel, Stellenbosch
  • Paartjie se verblyf: Honeymoon Suite, Devon Valley Hotel
  • Vermaak: Canapes en vir die gaste ‘n “photobooth”, waar elke gas ‘n foto -strippie ontvang – moments2media booths
  • Videograaf: Moments2media weddings
  • Huwelik kontrak: Nico wehmeyer prokureurs – Grabouw
  • Wittebrood plek: Nog geen wittebrood gehou nie