Jaco-Charl & Minette van Deventer

STORIE:


Dit het alles begin op die Puk Januarie 2017.
Volgens gerugte het JC vir sy vriende genoem dat hy vir hom in daardie jaar ń eerste jaar studentjie gaan kry. Min het hy besef dat hy haar in die eerste week gaan kry – hierdie is na elke dosent aanbeveel het om nie verhoudings aan te knoop in daardie besige honneurs jaar nie.
Met ń padjie wat van kerse en rose gemaak was het hy met die liedjie “Photograph” haar uitgevra.
Baie advonture oor die jare en ń paar grys hare het JC geleer om rooiwyn te drink en Minette om van Rugby te hou. 4 Jaar later op 8 December 2020 het ń “werksuitstappie” verander in die groot vraag.Uiteindelik na maande se beplanning het die groot dag ook aangebreek.

Die dag het plaasgevind by Bell and Blossom trou venue.

Ons asemrowende blomme was deur ń baie spesiale gas van ons gedoen en ons gaste kan tot vandag nog nie uitgepraat raak daarvan nie.

Na die seremonie het ons heerlike canapés gehad. Dit het alles ingesluit van sout koekies, biltong, en roosterkoeke (wat deur my ma en nog ń baie spesiale gas gemaak is). Daar was tot ń “koek” wat van verskillende kaas soorte gemaak was!

Na ons, ons koek gesny het het ons helder blou monde en tande gehad van die koek.

Die onthaal was sprokies mooi – van JC wat my “ge-serenande” het saam al sy strooijonkers tot ons eerste dans met al die “fairy lights” wat bo ons hang. Ons eerste dans was op ons gunsteling liedjie “Photograph” van Ed Sheeran (dit is die liedtjie wat JC vir my gesing het toe hy my 4 jaar terug uitgevra het). Ons moes ons dans ń week voor die troue op “Youtube” leer omdat JC net voor ons troue Kaap toe moes trek en was daar min tyd vir enige dans lesse.

Die pa en dogter dans is daar omtrent ń storie.
My pa het bitter min ritme en ek het eers gedink ons gaan sommer net glad nie ń dans doen nie. Toe ek hom egter vra of hy een wil doen was hy baie gretig.
Ons het ń prettige dans gedoen op “Daddy cool” en “My girl” en dit was beslis een van die hoogtepunte van die aand en die gaste het geskaterlag!

Al ons gaste het heerlike gekuier tot “oom Cyril” ongelukkig die aand kort geknip het met sy curfew. Elkeen moes toe maar hulle spesiale Krispy Kreme donuts iewers anders gaan geniet het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Bruidegom-pak: Angelinos
  • Fotograaf: Alexis Muntz Photography
  • Grimering: Melissa – Glam Bam
  • Hare: Melissa – Glam Bam
  • Juweliersware: Eden & co
  • Trouring: Ralph Jacobs
  • Koördineerder: Belle and Blossom
  • Musiek: DJ Kilowatt
  • Platejoggie: DJ Kilowatt
  • Skoene: Opari
  • Strooimeisie-rokke: Wife Material Clothing company
  • Trourok: Jolache Coture
  • Venue: Bell and blossom
  • Paartjie se verblyf: Bell and blossom
  • Videograaf: Mariska – Dimpel photography
  • Huwelik kontrak: Chantel van Heerden attorneys
  • Wittebrood plek: Vermont – Wes Kaap