Jaco & Minette Smit

STORIE:


Ons sprokies dag was defintief uniek en iets anders. Ons het getrou op paasnaweek, 3 April 2021 by Memoire Wedding & Function Venue. Ons gaste kon nie uitpraat oor hoe alles so besonders fyn beplan was en die moeite wat gedoen was om ons dag uiters spesiaal te maak. Ek en my man het 7 jaar terug ontmoet en ek het onmiddelik geweet ons gaan ‘n lang pad saam stap. Die oomblik toe ons begin gesels en ons altwee besef watse “Geeks” ons is en hoe baie ons van “Harry Potter” hou, het ek geweet die is die man vir my.

Ons altwee het nog altyd van die fantasie idee gehou vir ‘n troue, die groen woud, lang swart kerse, ou boeke, vere, blomme en ander dekor items wat die gevoel skep dat jy na ‘n ander wereld geneem word. Ons altwee is dromers en wou ‘n gemaklike, romantiese troue skep wat ons gaste vir altyd sal onthou. Ons kleurskemas was donker groen, warm pruim pers, swart en goud. My trourok het my perfek gepas, en was vir my baie buitengwoon iets anders. Ek het ook ‘n unieke bruidskap laatmaak wat pragtige kleurvolle blomme en vere op die onderste gedeelte gehad het. My man het ‘n donker groen pak aangehad met swart skoene en ‘n swart strikdas wat baie stylvol gelyk het. Die bruids mysies en strooijonkers het pragtig gelyk, en het defintief ons tema en die kleure van ons troue komplimenteer. Ons dekor en skryfbehoeftes het ek self ontwerp en gemaak, dit het baie goed by ons tema ingepas.

Ons troue was ‘n selfdoen troue, waar familie en vriende baie gehelp het om goed te maak vir ons troudag. Ons gaste het vir seker ons troue ongelooflik baie geniet en praat nogsteeds daaroor! Dit was defintief die beste dag van ons lewe en ons het werklik spesiaal gevoel, asof ons weggevee was na ‘n ander wereld toe.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Language of Flowers
  • Bruidegom-pak: Mr. Perfect
  • Dekor: Lily Grace Decor & Flowers
  • Fotograaf: Frank & The Misses
  • Gaste Geskenke: Clamina Drawings
  • Grimering: Mariska Makeup Nails & Beauty
  • Hare: Mariska Makeup Nails & Beauty
  • Huurdienste: Lampyridae Lights
  • Huweliksbevestiger: Ds. Christo
  • Juweliersware: Kathleen Barry Bespoke Occasion Accessories
  • Trouring: Beaudell Jewellery
  • Troukoek: Cake Brothers
  • Koördineerder: Jaco Knight
  • Musiek: Wedding Tunes
  • Platejoggie: Wedding Tunes
  • Skoene: Online
  • Skryfbehoeftes: Bruid
  • Strooimeisie-rokke: Dedi Designs
  • Trourok: Fynbos Bridal Boutique
  • Venue: Memoire Wedding & Function Venue
  • Paartjie se verblyf: Memoire Wedding & Function Venue
  • Videograaf: JPB Media Productions
  • Huwelik kontrak: Petrus Gerhardus Louwrens Koen
  • Wittebrood plek: Toer: Kaapstad, Paternoster, Hermanus, Franschhoek, Stellenbosch