Jacques & Vicky Nel

STORIE:


Einde Julie, begin Augustus 2021 het ons by my ouers in Aberdeen gekuier en dié vraag het opgekom, wanneer ons trou. Na die kuier vat ons die langpad huis toe en het die gesprek weer opgekom. Waar Jakkie vir my inlig dat hy dink ons moet September 2021 trou in Graaff-Reinet. Dit is waar die vriendskap verander het na verhouding status in 2018. Soos enige dame sal sê, maar wanneer gaan ek gewig kan verloor!?!
By die huis gekom en begin kyk na datums en venues, maar op sulke kort kennis was alles vol bespreek vir die volgende paar maande van 2021 trouseisoen. Op Donderdag, 26 Augustus 2021, kry ons bevestiging dat alles in plek is vir ons troue, Donderdag 9 September 2021. Met absoluut niks in plek nie en 2 weke voor die troue, het ons kool in die lokomotief gegooi en begin stoomrol . . .My bitter kreatiewe vriendin, Hestie van der Mescht, het my gehelp met die dekor, spyseniering asook die lekkerste troukoek. Mens weet iemand se talente is van Bo, wanneer jy ‘n prentjie met ‘n idee deel en die realiteit is beter as die prentjie wat jy gedeel het. Daar was nie besluit op ‘n tema nie, maar ‘natuurlik’ is die woorde wat die meeste gebruik was. Ons was geseënde om so ongelooflike spesiale dag te deel met 15 gaste en ons langbeen fox terrier, Charlie, wat “the star of the show” was in sy Burgundy strikdassie.

Op so kort kennisgewing was ‘n dominee of pastoor nie beskikbaar nie. Dit gesê, die pastoor van Assembly Of GOD Church in Graaff-Reinet was bereid om te help. Die dag voor die tyd is al die papierwerk afgehandel en die datum, 9de September 2021 is behou. Die vraag het opgekom, wie gaan die gelofte vir ons aflê?!? Jakkie het met hierdie briljante idee vorendag gekom, sy Dad kan dit vir ons doen bo op die berg in die Camdeboo Nasionale Park, Vallei van Verlatenheid. Dit was ‘n skouspel van God se handewerk!

Met perfekte weer en amper geen wind nie is Jacques Nel en Vicky Gericke getroud.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Polka Cafe. Bakery. Deli
  • Dekor: Polka Cafe. Bakery. Deli
  • Fotograaf: Ahee Photography
  • Grimering: Vicky Gericke Artist
  • Hare: Salon Continental
  • Huweliksbevestiger: Assembly Of GOD Church
  • Trouring: Browns Protea Diamond Eternity Ring
  • Troukoek: Ava&Ellie
  • Koördineerder: Hestie van der Mescht
  • Skoene: Dune London
  • Trourok: Bride&co Viola Chan Bridal
  • Paartjie se verblyf: Langhuis (Graaff-Reinet) – Sneeuberg Nature Reserve
  • Huwelik kontrak: Viljoen Prokureurs, Kathu
  • Wittebrood plek: Kaapstad