Jacques & Zanri Lloyd

STORIE:


Skool liefdes wat na 8 jaar finaal die ‘Ja’ woord sê! ‘n Dag van oneindigende liefde en pure geluk so mooi vasgevang in ‘n paar oomblikke.

Ons troue was die perfekte mengsel van French Riviera en die 70’s.

Die seremonie was in ‘n Kapel omring deur water wat uitkyk op Franschoek se berge. Suid Afrika se eie French Riviera! Met glas deure wat vir jou ‘n 360 grade uitsig gee terwyl twee geliefdes voor hulle naastes mekaar liefde van ewigheid belowe.

Die onthaal was geinspireer deur een van ons gunsteling liedjies: The Table by Jonathan Traylor. ‘n Klein en intieme lang tafel familie fees! Die tafel van ons nuwe begin, met die beste kos en glase vol oneindigende liefde. Almal is welkom. Kom sit saam en geniet die fees vieringe

Ons trou dekor was regdeur minimaal en geinspireer deur die 70’s (een van my gunsteling eras). Niks dieselfde nie en onkovensioneel net soos ek daarvan hou!

Ons het ook dinge bietjie anders gedoen met ons gaste boek en ‘bouquet toss’. Ons gaste boek was ‘n canvas gewees waar elke gas hulle merk kon maak, nes hulle ‘n merk in ons lewens gemaak het. In plaas van my blomme gooi, het elke dame haar eie glas potjie gekry en kon sy haar eie gedroogde blomme rangskikking maak by die ‘flower bar’. Iets wat hulle in hul huis kan sit wat altyd ‘n herinnering van ons trou dag gaan wees.

‘n Dag wat ek en my man vir niks sou verruil nie en ook niks sou verander nie. Ons perfekte dag.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: MYUZU
  • Bruidegom-pak: Woolworths
  • Dekor: MYUZU
  • Fotograaf: The Geldenhuys’
  • Gaste Geskenke: MYUZU
  • Grimering: Chameleon Creatives
  • Hare: Chameleon Creatives
  • Huurdienste: Baie Goeters
  • Huweliksbevestiger: Shayne Holesgrove
  • Juweliersware: Terusa Ann Jewelry
  • Trouring: Terusa Ann Jewelry
  • Platejoggie: Edwin Deyzel
  • Skoene: Country Road
  • Skryfbehoeftes: Silk Creative Collective
  • Strooimeisie-rokke: Self gemaak
  • Trourok: Once Worn Bridal
  • Venue: La Roche Estate en Reuben’s Restaurant
  • Paartjie se verblyf: Protea Hotel Franschoek
  • Videograaf: The Geldenhuys’
  • Huwelik kontrak: Bill Tolken Hendrikse
  • Wittebrood plek: Skye Villa Boutique Hotel