Jan & Helia Fourie

STORIE:


Die pandemie het klowe gebring tussen mense en die wêrelde daar buite. Vir ons twee het dit twee ou vriende nader aan mekaar gebring.
Terwyl mense gedurende die inperkingtyd in 2020 van mekaar afgesny was deur mure van hul huise, het ons sprokie begin groei van slegs vriendskap en twee mense wat mekaar ondersteuning toe asem-nood deel was van ons albei se daaglikse bestaan waar ons albei COVID19 positief was. Ons stryd was nie net teen die min asem wat saam COVID19 gekom het nie, maar ook die wete dat elke dag in isolasie was ‘n dag wat vermors word en minder tyd van kuier beteken voordat Jan se oorplasing vanaf Pretoria na St Francisbaai gebeur in die volgende maand. Na isolasie tydperk het ons het elke minuut ten volle gebruik om kuiers in te werk totdat die dag gekom het waar ons met baie trane afskeid moes neem van mekaar. Jan verhuis na St Francisbaai, maar die afstand het ons nie gestop nie. Maandelikse vlugte tussen OR Thanbo en PE het verseker dat ons mekaar sien en dan was die kuiertjie vir weke aaneen.
Ons het geweet die kanse dat Jan weer gou ‘n verplasing terug sal kry na Pretoria is baie sleg en dat ons maande, indien nie jare sal wag vir die oorplasing om deur die Polisie goedgekeur te word nie. Ons het tog steeds probeer en 9 maande later is Jan terug in Gauteng en die sprokiesverhaal se tweede hoofstuk kan begin.
God het voorsien in die verplasing van Jan terug na Gauteng en al was hierdie ons albei se tweede huwelik het ons die mooiste sprokie-dag beplan.
Ons mooiste dag was die 20ste November 2021 saam 60 van ons naaste familie en vriende.
Die oggend was bitter warm en die middag het die wolke begin saampak. Die donderweer het ons net genoeg kans gegee om die meeste van die foto’s te kon neem voordat die donderstorm almal in die saal ingejaag het. Dit was ‘n perfekte dag vol liefde, lag, eet, lekker dans by die mooiste venue.
Castle da Angelo het ons grootste droom vervolmaak en ons sprokie-troue was perfek.
Jan en Helia Fourie

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Castle da Angelo
  • Bruidegom-pak: Metro
  • Dekor: Castle da Angelo
  • Fotograaf: Night Owl Media
  • Gaste Geskenke: Self
  • Grimering: Self
  • Hare: Hair.com (Annelize van Niekerk)
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Carlos Coveia
  • Trouring: Kay’s juweliers
  • Troukoek: Self
  • Koördineerder: Castle da Angelo (Maria)
  • Musiek: AMA Promotions (Andre Vermaak
  • Platejoggie: AMA Promotions
  • Skryfbehoeftes: Self
  • Strooimeisie-rokke: Anna sewing studio
  • Trourok: Tess designs
  • Venue: Castle da Angelo
  • Paartjie se verblyf: Castle da Angelo
  • Huwelik kontrak: LIPCO
  • Wittebrood plek: Langebaan (Club Mykonos)