Jc & Jannecke Smit

STORIE:


Ons avontuur met n WOW faktor.

Ons het 2 jaar beplan aan ons droom troue, net nadat die bruid haar trourok ontvang het in die pos. Lockdown het sy gebruik vir beplanning en sommer haar skoene ook aanlyn bestel. (Dit was lockdown en sy het besluit om na n plaaslike vervaardiger te kyk) .co.za is mos Suid-Afrikaans of hoe? Nie die keer nie en moes daar invoer en belasting kostes eksra betaal word. Na maande se beplanning het die droom venue deer die mat geval en 7 maande voor die troue het ons n moeilike besluit geneem en n ander venue gekies. Soos meeste bruide wou Jannecke egter nie haar droom opgee nie en is daar besluit om die troue in 2 dele te hou, op dieselfde dag, n Donderdag. Ons het getrou met olifante en perde. Die seremonie was in Bela Bela in Limpopo om die bruid se droom te bewaarheid met ‘n intieme seremonie van slegs 18 gaste.

Die bruid het ingekom op die Olifant se rug. Dit was haar droom vandat sy 18 jaar oud was. Na ‘n lang gesoek het sy op Adventures with Elephants af gekom en die reëlings het begin.
Dit was n asemrowende gevoel om bo op n olifant se rug te sit. Die uitsig van daar bo af? Onbeskryflik!! Die bruidspaar se ringe is deer hulle dogtertjie aan hullle gegee om haar ook n groter rol in die troue te gee.

Alles was mooi beplan en sy het geweet wat om te doen. Sy het ook die dag voor die troue n proef lopie saam die bruidegom, strooi meisies, pa van die bruid en strooijonkers gehad, maar dit was alles tevergeefs toe sy die bruid op die olifant sien met die trou dag.

Die strooijonkers het elk n takie gehad om te doen. Van musiek tot die drapeering van die materiaal.

Die onthaal was in Pretoria Oos waar die res van die gaste vir ons gewag het. Ons moes dus vroeg trou in Bela Bela, 11:00 die oggend in die warm son, om betyds te wees vir die onthaal wat 16:00 in Pretoria Oos plaas gevind het.

Die reis tussen die seremonie en onthaal was 2ure lank. In die 2 ure moes die bruid haar kousband vas werk wat gebreek het toe sy van die olifant af geklim het, asook die bruidegom se veters uit sy skoene ryg (Jc kon nie skoene in sy grote kry nie). Ons wou baie graag n bos troue gehad het maar moes dit veruil vir n plaas troue. Met al die reis tyd het ons nie die geleentheid gekry om die “golden hour” foto’s te neem nie maar alles was perfek op die ou eind. Ons het gebruik gemaak van 2 bloemiste om seker te maak daar is blomme by al twee venues.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Seremonie: The Floral Artist. Onthaal: ESP flowers and decor
  • Bruidegom-pak: Maarch 1978
  • Dekor: Drapeering: Ignus van Rooyen
  • Fotograaf: Louis Clarke
  • Gaste Geskenke: Matrix Warehouse
  • Grimering: Beauty by S
  • Hare: Beauty by S
  • Huweliksbevestiger: Your Wedding Guy (Jaco Geldenhuys)
  • Trouring: Hom: Belgravia? (Ring is al in 2019 gekoop) Haar: Nightfall Diamonds
  • Troukoek: Esperanza se chef
  • Koördineerder: Christene van Esperanza
  • Musiek: Seremonie: Gysbert Bouwer
  • Platejoggie: Infinity times Infinity
  • Skoene: Dreamy dress
  • Skryfbehoeftes: La Luna
  • Strooimeisie-rokke: Freda Mostert (tannie)
  • Trourok: Wish
  • Venue: Seremonie: Adventures With Elephants Onthaal: Esperanza
  • Paartjie se verblyf: Le Thabo Private Game lodge en Rosemary Hill
  • Vermaak: Magic Mirror Memories
  • Videograaf: Leon Barnardt
  • Huwelik kontrak: CR Mertz attorneys
  • Wittebrood plek: Port shepstone (familie)