Jean-Pierre & Marica Fourie

STORIE:


Dit is ‘n koue tog warm oggend, natuurlik van ons senuwees wat byna klaar is. Ek het die vorige aand, 28 Mei seker gemaak alles is in plek vir die volgende oggend. Jean-Pierre het ‘n klomp goedjies gehad wat na die venue toe moes gaan (ons welkom bord, sy suite, hy homself, ons lieflike seuntjie, jy noem dit). Ek, wat glo in stiptelikheid het ‘n afspraak by die dame wat my hare en grimmering gaan doen, let wel – Dis baie vroeg want ek en manlief het besluit om ‘n oggend troue te hê en ons venue is nogal ‘n ent uit van waar af ons bly. Terwyl ek sit en regmaak vir ons groot dag, gaan daar n klomp dinge deur my gedagtes, ek is dankbaar vir ‘n wonderlike man wat oor my pad gestuur is waarvoor ek al so lank gebid het. Ek is senuweeagtig, ek is uit my skoene (wel hakskoene) bly dat ons liefste Vader ons vandag een maak. Byna elke bruid wil graag hê die dag moet perfek verloop soos sy en haar man beplan het, nie waar nie? Iets wat ons geleer het van ons trou dag af is dat nie alles perfek gaan verloop nie, en dat iets wel gaan skeef loop. Oppad na ons venue toe, ry ek saam met my pa, my sussie en my moeder. Ja, ons het besluit om met my voertuig te ry na my eie troue toe, was dit prettig. Ons kom by die venue aan en my man se beste vriend, Johan kom na my en my pa toe. Hy wens ons sterkte toe en noem so vra so ewe, ‘het jy die ringe gebring’? – Hierdie is waar ek besef het, dinge gaan nie altyd verloop of gaan soos ons dit wil hê nie, maar in die Here se tyd en plan vir ons lewens. Natuurlik het ek nie die ringe onthou nie 😂 maar boer maak ‘n plan, ons maak dit simbolies en maak gebruik van familie se ringe, dit was nogsteeds baie besonders. Ek dink tussen my liefste pa en myself en my man, kon ons ‘n dam vol maak met al die trane. Kyk, my man is nie iemand wat maklik huil nie, want hy is ‘n groot beer met ‘n baie klein en mooi hart, maar het hy vir jou snot en trane gehuil. Ons het besef op die oomblik dat ons harte vol is. Dit was ‘n baie klein maar intieme troue gewees. Ons het besluit om ‘n potjie kompetisie te hou tussen die Vader van die bruid, bruidegom en my liefste skoon ma se kêrel. Beste onthaal nog, ons het gemaklikheid gesoek om die hele familie en dis presies wat ons ontvang het. Terug by die ringe, ons moes fotos neem en die een belangrike gedoente wat op ‘n foto moet verskyn is jou ring. Nie waar nie?
Johan het al die pad van die venue af gery, na ons huis toe net om betyds terug te wees om ‘n paar kiekies te neem, ons is hom ewig dankbaar. Ons het die mooiste fotos geneem en die mooiste memories gemaak op die dag. Om by die pa en dogter tans uit te kom, wel stel dit so. My pa kan wel vas dans, en ek aan die ander kant, kan nie. My rok was ook heelwat lank so ek het bly vas trap. Ek sal se met ‘n gesukkel en al was dit nogsteeds die spesiaalste oomblik nog. Baie dankie pappa, soos my familie weet kan ons ook nie dans nie. Manlief en ek het besluit om te oefen vir ons eerste dans as getroudes, so maand voor ons troue. Glad nie gegaan soos beplan nie, want ons het ‘n paar moves vergeet maar bitter spesiaal was dit verseker. Ons sal die dag, 29 Mei oor en oor wil hê. Dit was die beste dag van beide ons lewens en ons is ewig dankbaar dat ons bevoorreg was om in ‘n moeilike tyd te trou. Ons Vader het voorsien. Ons is al vir 8 maande getroud, en geniet mekaar nog elke oomblik en is heel.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21124


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21124



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Blomme: Maid of Honour
  • Bruidegom-pak: Woolworths (Hemp en Broek, Skoene)
  • Dekor: Maid of Honour
  • Fotograaf: Rix Studio Photography
  • Grimering: Rentia de Beer – Beauty Spot Makeup Artistry
  • Hare: Rentia de Beer – Beauty Spot Makeup Artistry
  • Huweliksbevestiger: Married by Marinus – Marinus
  • Troukoek: Baked by Nataleen
  • Koördineerder: Maid of Honour
  • Skoene: Solomons
  • Trourok: Cornelia Paulsen – Purple Dreams by Conilee
  • Venue: Riverside Castle
  • Videograaf: Rix Studio Photography
  • Huwelik kontrak: Married by Marinus