Jessica & Frandré Van der Westhuizen

STORIE:


Soos meeste paartjies sou ons al in “lockdown” getrou het, maar met die realiteit van covid het dit nie so gebeur nie. Ons is dankbaar! Meer tyd sonder dat ons “volwasse” moet wees met hierdie groot tietels van MNR en MEV..

Ons is al ‘n paartjie vir amper 9 jaar en het saam deur die groei pyne van die lewe gegaan. Saam gegroei en geval.. en weer sterker op gestaan. Hys natuurlik my beste vriend heel eerste voor dat hy uiteindelik my man geword het hierdie jaar in 2021!

Ons was bevoorreg om die mooiste strand troue te hê in Blythedale, KZN. Die weer was die heel week voor en na die troudag storm winde en reën, maar op die dag van die troue was als net perfek. Die weer het bedaar en dit was alles so spesiaal.. “poetic, if you will”.

Ek het my eie 3 tier troukoek versier en aanmekaar gesit, afgeflieg van ons tuis dorpie se lekkerste klein bakkery al die pad KZN toe. Koffie koek met vanilla mousse- hmmm! Niks het oorgebly nie.

Die venue was uitstekend, kos uit die boeke, en so baie spesiaal vir ons om ‘n facebook live te kon doen vir al ons geliefdes wat nie fiesies daar kon wees nie.

Ons het ‘n ma-en-seun dans gedoen as verrassing vir sy ma en ‘n baie spesiale “first look” met my pa. Alles vreeslik emosioneel..

“Wreck the dress” fotos geneem in die see en swembad van die venue, was heavy pret gewees!

Die diens was spesiaal- Ons dominee van Krugersdorp se Handelinge Kerk het afgeflieg en ons het nagmal gehad as deel van ons seremonie, met die uitkyk van die see.

Dit was uit en uit so persoonlike geskenk aan ons gewees van God af, net awsome herrineringe. Ek doen dit sommer als weer oor!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: Tatum Joynt- 083 314 0019 (Gedroogte blomme, pampas, vars rose ens)
    • Bruidegom-pak: Ons het elke deel self bymekaar gebring.
    • Dekor: Tatum Joynt- 083 314 0019
    • Fotograaf: Centred Productions
    • Gaste Geskenke: Marné Capp- 073 168 7516
    • Grimering: Michelle Haywood- 061 492 2321
    • Hare: Michelle Haywood- 061 492 2321
    • Huurdienste: Tatum Joynt- 083 314 0019
    • Huweliksbevestiger: DS Elmore Kirsten- 079 406 2703
    • Juweliersware: Lovisa en Tempo
    • Trouring: American Swiss en Touchwood
    • Troukoek: Mr Salad en myself (Hartbeespoort)- 012 253 1100
    • Koördineerder: Becky Mbambo- 032 ‪552 1588
    • Musiek: DJ Ash- 082 709 9088
    • Platejoggie: DJ Ash- 082 709 9088
    • Skoene: Old Khaki en Kaalvoet
    • Skryfbehoeftes: Self
    • Strooimeisie-rokke: Privaat
    • Tente: Geen
    • Trourok: Lady Anne Bridal Hartbeespoort- 083 567 0865
    • Venue: Palm Dune Beach Lodge, Blythedale, KZN
    • Paartjie se verblyf: Palm Dune Beach Lodge, Blythedale, KZN
    • Vermaak: Geen
    • Vervoer: Geen
    • Videograaf: MBG Media (Eugene)- 078 254 1222
    • Huwelik kontrak: Basil van Jaarsveld- 082 990 3286
    • Wittebrood plek: Zanzibar!