Johan & Marli Barnard


Ek en Johan was saam op Hoërskool maar ons het nie op daardie stadium in mekaar belang gestel nie. Ons albei het ons draaie geloop. Ons albei het teleurstellings in liefde gehad en het besluit om geduldig te wag vir die “regte persoon”.
Sewe jaar na matriek het hy ‘n sosiale media plasing van my gesien en hy het kontak gemaak. Ons het vir n paar maande gesels, want op daardie stadium wou ek nie ‘n verhoduing gehad het nie. Hoe meer ons gesels het, hoe meer het ons van mekaar begin hou en ek het besef dat hy ‘n spesiale mens is. Op 10 April 2017, het op ons eerste amptelike “date” gegaan. Ons albei was senuweeagtig en daar was baie vlinders betrokke, maar die skoot was hoog deur. Hy het, soos ‘n heer, my gevra of ek sy meisie sal wees en ons het ook ons eerste soen gedeel.Ons liefde het geblom en ‘n week later het hy my aan sy familie voorgestel. Op daardie stadium het ek geweet dat hy erg oor my was en ek op hom.

19 September 2020 het hy my gevra om te trou op familie-vriende se wildsplaas. Natuurlik het ek ja gesê. Dit was ‘n pragtige en romantiese verlowing in die Kalahari met die sonsondergaan.

Ons op ‘n trou datum gekies in die middel van die pandemie! Dit was ‘n tuimeltrein om ‘n unieke en romantiese troue te reël in 9 maande, maar Johan was so geduldig en ondersteunend, ek het geweet dat die eienskappe belangrik is in ‘n buwelik. Hy het saam die belangrike besluite geneem, dit was ons troue.
Ons was bekommerd dat die inperkings strenger sou wees, gelukkig nie, ons moes 2 keer ons tye aanskuif.

Nie te min, ons groot dag het gekom, 26 Junie, en dit was beter as wat ek dit gedroom het.
Ons was geseënd en bevooreg om so ‘n mooi begin te kon hê as man en vrou en dat ons dit met ons geliefdes kon deel. Ek glo dat God ons paadjies weer laat kruis het sodat ons bymekaar kon uitkom. Mense sê altyd dat ons so mooi saam pas en kan nie my lewe sonder hom dink nie.

“I found the one whom my soul loves.”

Asb stem vir ons as ons verhaal jou aangegryp het.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Here’s to forever events
  • Bruidegom-pak: Smart guy
  • Dekor: Here’s to forever events
  • Fotograaf: J & N Wedding photography
  • Grimering: Meraki by Mantoine
  • Hare: Meraki by Mantoine
  • Huurdienste: All things wedding SA
  • Huweliksbevestiger: Henk Barnard
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Firefly jewelry, Titanium studio
  • Troukoek: Elsabe de Villiers
  • Koördineerder: Suzette
  • Musiek: Starry Might
  • Platejoggie: Roy
  • Skoene: Kingsley
  • Skryfbehoeftes: Glinster glans
  • Strooimeisie-rokke: The Maiden
  • Trourok: Olivelli
  • Venue: Green Leaves Country Lodge
  • Paartjie se verblyf: Greens Leaves
  • Vermaak: Selfie Cube
  • Videograaf: J & N wedding photography
  • Wittebrood plek: Kosi Forest lodge , Rhino Ridge