Johann & Janke Koch

Johann & Janke Koch

STORIE:


LIEFDESVERHAAL VAN JJ

Dit was 2015 en die Murray meisies kon nie wag vir die huisdans nie. My skoonsuster het soortvan ‘n “blind date” met die jongste Koch boetie gereël. Onseker maar opgewonde vra sy my raad. My woorde was, “Hy was ‘n regte haan onder die henne op skool, maar ek dink jy moet die kans vat”. Sy besluit om die kans te waag, min wetend dat dit die begin van ons albei se liefdesverhaal is. Ek en Johann was vriendelik verplig om saam huisdans toe te gaan. Na ‘n opwindende en lekker aand het my en Johann se paadjies geskei. Nie een van ons het weer met mekaar gepraat of mekaar gesien nie.

2016 het opgeduik en dit was weer daardie tyd van die jaar wat ons ‘n proefskool moes kies. Dit was een oggend toe ek in die hoofstraat van Oudtshoorn gery het, toe Johann van vooraf kom. Ek het nie hom gesien nie, maar hy het beslis my gesien. Iets het vir hom gesê dat hy ‘n boodskap sal moet stuur. Skelm skelm het ons twee gepraat. Vir broers wat so naby aan mekaar is, het nie een geweet dat die twee praat.

Johann het toe al sy moed bymekaar geskraap en besluit om vir sy oudste broer te vertel. Sy broer gee toe vir hom goeie raad, “Volg jou eie hart”. Hy besluit om die raad te volg en einde November het Johann my uitgevra. Twee jaar later verander ‘n normale roeidag in ‘n romantiese verlowing. Na ‘n lang gewag het Covid nie gewen, my en Johann se liefdesverhaal is op 27 Maart 2021 vasgepen!

Prediker 4: 9, 12: Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Fancy Flowers – Karen Tomlinson
  • Bruidegom-pak: Markam
  • Dekor: Fancy Flowers – Karen Tomlinson
  • Fotograaf: Liezel Volschenk Photography
  • Grimering: Flawless Professional Make Up – by Bianca Kotze
  • Hare: Lorinda Janse van Rensburg
  • Huurdienste: Brighter Future – lights, Johnita Marx verhurings, Suit Studio – groomsmen suits
  • Huweliksbevestiger: Barries Griebenow
  • Juweliersware: Lovisa Jewellery
  • Trouring: Peter Gilder Jewellery
  • Troukoek: Denise Koch & Louvain Guest Farm
  • Koördineerder: Janke Koch – Bruid self
  • Platejoggie: DJ – Edwin Deyzel
  • Skoene: Foschini
  • Skryfbehoeftes: Sugarbird Creative Design
  • Strooimeisie-rokke: Miriam Bence
  • Tente: Louvain Guest Farm
  • Trourok: Deon Oelofse
  • Venue: Louvain Guest Farm
  • Paartjie se verblyf: Louvain Guest Farm
  • Videograaf: JVS Film Productions
  • Huwelik kontrak: Duvenage Keyser & Jonck
  • Wittebrood plek: Buff and Fellow