JP & Ilze Kruger

STORIE:


a) Dit was nie jou tipiese “romantic comedy, blind date” scenario gewees nie. My hart is gesteel so tussen deur die gejuig van Duitse volksliedere en geklink van bekers by die Kroondal Bierfees in 2018.
b) Van saam egte Apple Schnapps drink tot die beste 4 en ʼn half jaar later met JP aan my sy.
c) JP is ʼn Rustenburger in murg en been, hy werk as ʼn NDT tegnikus op die myn en ek het een van my grootste “kleintyd drome” verwesenlik as die trotse mede eienaar van Mooivallei Wedding Venue.
d) Van saam visvang en jag tot saam shop en huis mooi maak (of soms bier drink haha) bly ons gunsteling belangstellings enige aktiwiteite waar ons tyd en aandag aan mekaar kan gee, maak nie saak wat ons doen of hoe dit wissel van een uiterste na ʼn ander.
e) Dat ons altyd mekaar se beste vriende sal bly, mekaar altyd sal eer en respekteer. Dat God die middelpunt van ons huwelik sal wees en dat ons elke oggend en aand saam op ons knieë kan sak voor Hom.
Kortliks opgesom: ʼn Eggenoot het 5 areas van verantwoordelikhede teenoor sy man/vrou, liefde & respek, ondersteuning en aanmoediging, leierskap en leiding, hulp, beskerming en inspirasie om te groei.
f) “Fairytale” is die eerste woord wat in gedagte kom. My grootste droom as ʼn klein dogtertjie was ʼn sprokies troue. Blomme en nog blomme, kerslig, fairylights en die fyn persoonlike details. Daar was net een persoon wat hierdie sprokie droom van my in ʼn realiteit kon omskep. Zavion Kotze. Zavion en sy span het saam ons elke tree van die proses gestap en ons werklik op hul hande gedra. Die onthulling was ʼn verrassing gehou tot ons GROOT dag. Met ʼn maag wat draai and hande papnat van die afwagting, staan ek en JP voor die onthaal se deur en wag. WOW! Ek het weer gevoel soos daardie klein dogtertjie wat heeldag lugkastele gebou het oor haar troudag. Zavion en sy span was verseker ons “Fairy Godmother”. Dit was absoluut alles en meer waarvan ek ooit gedroom het, elke detail, elke blom, elke tafel, PERFEK!
g) Soos enige ander meisie wou ek soos ʼn prinses voel en lyk op my groot dag. En soos enige ander meisie is elke prinses ook anders. Ek wou ʼn klassieke en stylvolle prinses wees op ons troudag.
Ek is nie een vir frille en valle nie en my visioen was duidelik. Anel Botha Couture het die visioen saam met my gedeel. Maande se beplanning, bloed sweet en trane met Anel aan my sy het gelei na niks minder as die perfekte trourok.
h) Die onbeskryflike gevoel om deur die kapel te stap en die man van jou drome te sien staan en wag om jou hand verewig vas te hou. Hoe is daar dan enigsins ʼn groter hoogtepunt as dit?

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21128


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21128



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Blomme: Zavion Kotze Events Company
  • Bruidegom-pak: Euro Suite
  • Dekor: Zavion Kotze Events Company
  • Fotograaf: Stella Uys
  • Gaste Geskenke: My moeder het dit vir ons gegee
  • Grimering: Louise Volschenk van Halouw Make-up Academie
  • Hare: Anika Lombard, Luxury bridal hair
  • Huweliksbevestiger: Ds. Petrus van Blerk
  • Trouring: Jenna Clifford, Touchwood
  • Troukoek: Kelly Jane Cakes
  • Koördineerder: Zavion Kotze Events Company
  • Musiek: Zavion Kotze Events Company
  • Platejoggie: Nic Vetter
  • Skoene: Christian Louboutin, Pringle
  • Skryfbehoeftes: Chrystalace – Jolindi van der Merwe
  • Strooimeisie-rokke: Wilna Young Fashion Designer
  • Trourok: Anel Botha Couture
  • Venue: Mooivallei Wedding Venue
  • Paartjie se verblyf: Mooivallei Wedding Venue
  • Videograaf: Hauke Wedding Films
  • Huwelik kontrak: JJ Koen
  • Wittebrood plek: Maldives