Juan & Elsabé du Plooy

STORIE:


Een ding waarvan ek seker was nog my hele lewe lank was dat ek nie met ‘n boer wil trou nie. Gee vir my eerder ‘n skoon man met mooi opgepasde hande, ‘n aktetas in sy hand en ‘n netjiese pak klere aan, een met ‘n woordeskat wat bywys hy is geleerd en bonus punte as hy kan kook ook. ‘n “Metro-man.”

Toe ek en Juan die eerste keer ontmoet was dit by ‘n universiteits “formal” wat hy bygewoon het en ek het agter die bar gewerk vir ekstra inkomste terwyl ek besig was om te studeer. Juan was ‘n regte mr. Flirtatious (soos ek hom genoem het) nadat hy my as sy “persoonlike bartender” vir die aand aangeteken het en ek kon my nie minder steur aan al sy kommentaar nie (ek het wel die groot tip waardeer, dankie my man).

Maande later ontmoet ons toevallig weer by ‘n mutual vriend se partytjie en ons het net ge”click”

Juan het by my kom kuier en daarna ek by hom op die plaas. Ironies genoeg was dit na my eerste kuier op die plaas wat ek my ma bel en laatweet dat ek my trouman gevind het.

Ek kyk toe maar verby die hande wat getuig van klipharde werk, die duidelike sonskade aan sy vel van ure buite staan en werk, die vellies en khaki klere vol olie kolle en die woordeskat wat betjie meer neig na kras as na hoogs geleerd, tog nogsteeds ‘n gentleman met maniere soos net ‘n tipiese boerseun kan hê.

Ons het so paar ure weg van mekaar gebly waar hy boer net buite Jacobsdal en ek nog studeer in Bloemfontein, maar ons het plan gemaak om mekaar elke naweek te sien. En natuurlik vakansies ook.
Binne ‘n jaar en ‘n half is ons verloof en getroud. Hoe sê hulle: “As jy weet, dan weet jy.”
Ek kies hierdie (soms) vuil man met letsels op sy hande van hard werk, ‘n toolbox in sy hand in plaas van ‘n aktetas, khaki klere en vellies in plaas van netjiese klere en ‘n woordeskat wat my uit my maag uit laat lag, enige dag weer.

Ek het sover baie geleer uit hierdie verhouding, maar die ding wat ek die langste sal onthou is: “Never say never!”

Xoxo

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Reflective photography
  • Grimering: Micayla Marais
  • Juweliersware: Eden & Co
  • Troukoek: Wilhelmina
  • Trourok: Julie Wedderburn
  • Videograaf: Stage Alive Production