Jurgens & Marcell Gildenhuys

STORIE:


Hoe beskryf mens jou perfekte dag?
Wel kom ek vertel julle van my perfekte dag dit het begin die oggend van 27 Februarie 2021 toe ek wakker word en besef vandag verander my van dis n ongelooflike gevoel veral as jy jou siels venoot gevind het, iemand saam wie jy wil oud word. Ons het n ongelooflike troudag gehad ons het alles self gedoen om geld te spaar waar mens kan soos ons servet ringe was murgbene wat ons skoon gekook jhet en gewas het met jik dit was so mooi ons blomme was vetplante uit ons en vriende se tuine ons ruikers op al die tafels was pampoene wat ons uitgehol het en vetplante in geplant het hoe amazing is dit ons geskenkies vir elke paartjie was blikkies wat ons bymekaar gemaak het (tamatie en uie, mielies enige blikkies) met n vetplantjie en n spekboompie in.Ons trou was regtig goedkoop gewees as mens dink aan hoe duur alles is, maar ons het ook gese ons doen meeste van alles self want dis memories, ons vriende en familie het so ongelooflik baie by gedrae om te help soos pampoene uithol plante plant ens.meer van ons troue sal gesien word op die fotos wat ek gaan oplaai.Ek wil net graag vir elke bruidspaar se onthou net n troue hoef nie baie geld te kos om die perfekte dag te wees nie.

Groete J & M

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Ons & vriende se Tuin
  • Bruidegom-pak: Euro suit boksburg
  • Dekor: Bruidspaar en vriende
  • Fotograaf: Michael Pienaar Photography
  • Gaste Geskenke: Bruidspaar & vriende
  • Grimering: Kara
  • Hare: Monica
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Wimpie AGS Kairos Heidelberg
  • Juweliersware: Bridad wardrobe
  • Trouring: JJ Smith jewelry & NWJ
  • Troukoek: Charissa Viesagie
  • Koördineerder: Sarie de Lange
  • Musiek: Max
  • Platejoggie: Geen
  • Skoene: Bridal wardrobe
  • Skryfbehoeftes: Sarie de Lange
  • Strooimeisie-rokke: Bridal wardrobe
  • Tente: Geen
  • Trourok: Bridal wardrobe
  • Venue: De Hoek County Lodge
  • Paartjie se verblyf: De Hoek County Lodge
  • Vervoer: Chris van der Merwe
  • Videograaf: Geen
  • Huwelik kontrak: Coetzer De Beer prokureer
  • Wittebrood plek: Kaap stad & Kruger Nasionale Park