Leandri & Roland Mahne

STORIE:


My liefste Rools

Vandag kan ek die opregste belofte wat my hart aan ‘n ander kan maak, aan jou maak.

Jy het my van dag een af ondersteun en my in myself laat glo, jy het my beskerm en bygestaan. En Jy het my weer laat glo in “fairy-tale”- liefde nadat ek die sprokie verloor het.

Vir hierdie en nog baie ander redes sal my hart altyd aan jou behoort.

Dankie dat jy die woord LIEFDE betekenis in my lewe kom gee het. Dankie vir die “once-in-a-life-time”, opregte, Godelike liefde wat jy my kom leer het.

Dankie dat jy my lief het en keer na keer, onverdiend, vergewe met ‘n Jesus-tipe gesindheid.

In ruil vir jou onvoorwaardelike liefde belowe ek:

Om jou by te staan en daar te wees vir elke lag en traan en vrees – vir elke “up” en vir elke “down”.

Ek belowe om jou te eer, te respekteer en te koester as my beskermer, leier en hoof van ons gesin.

Ek belowe om te volg waar jy en God lei.

Ek belowe om jou lief te hê soos God my lief het en een met jou te wees sodat ons huwelik God verheerlik.

Ek sal onderdanig wees, altyd die waarheid teenoor jou spreek en aan jou getrou bly.

Ek sal jou as mens, jou individualiteit en behoeftes respekteer en in ag neem.

Ek belowe om jou op alle tereine te ondersteun.

Ek belowe om die geduld te hê wat liefde vra, om heilig met jou saam te leef, om te praat wanneer dit nodig is en stilte te deel wanneer woorde min is.

Ek belowe om jou plek van vrede, geluk en vertroosting te wees.

Ek sal probeer om altyd ‘n raadgewer en inspirasie te wees en ‘n Spreuke 31 voorbeeld na te streef.

Ek vra omverskoning vir waar ek gaan fail, vir waar ek jou in die steek gaan laat en waar ek jou gaan telleurstel en seer maak. Weet net dit sal nooit my doelbewuste intensie wees nie.

Weet asb ek het jou lief en ek waardeer jou, selfs op die dae wat ek vergeet om dit te sê en wys.

Ek weet ook dat nie ons of die lewe so perfek is soos ons mooi beloftes vandag nie en dat ons gaan struikel. Maar ek belowe om jou elke dag te kies en dat my liefde vir jou nie sal “fade” nie.

Die sukses van ons huwelik is nie opgesluit in hierdie dag nie maar wel in die pad wat ons van vandag af vorentoe saam met God stap.

Ek aanvaar en koester jou as die kosbaarste geskenk wat God ooit aan my sal toevertrou en ek belowe om Hom elke dag daarvoor te eer.

Dankie dat jy my lewe kom vul het met jou mooi menswees.

Ek bewonder jou wil en jou passie vir die lewe en alles wat jy aanpak, jou liefde vir jou mense en jou vermoë om keer na keer op te staan na jy geval het.

Met gebed en hulp van God sal ek alles hier bo tot die beste van my vermoë nakom.

Hou asb my hart altyd wild en vol passie.

Jy is my tuiste en ek sal jou lief hê met my hele wese, tot die dood ons skei.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Executive décor & flowers parys
  • Bruidegom-pak: Smart Guy & Smart Bride Potchefstroom
  • Dekor: Executive décor & flowers parys
  • Fotograaf: Might Fine Weddings
  • Gaste Geskenke: Nouvelle Vie
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Jacques Louwrens – Ewige Lig Gemeente Pretoria
  • Juweliersware: Oorbelle: SHEIN
  • Trouring: Madeline’s Temptations
  • Troukoek: Ella’s Creamy Creations
  • Platejoggie: AMA Promotions
  • Skoene: Edgars
  • Skryfbehoeftes: Pause Stationary
  • Strooimeisie-rokke: Gelique
  • Trourok: Vonvé Bridal Couture
  • Venue: Afridome Showgrounds Parys
  • Paartjie se verblyf: Afridome Showgrounds Parys
  • Videograaf: Mighty Fine Weddings
  • Huwelik kontrak: Bosman & Bosman
  • Wittebrood plek: Kruger National Park