Leonard & Leonie September

STORIE:


Een Honderd Jaar

Ons storie

Hierdie storie begin Desember 2015. Dit was ‘n paar weke voor kersfees en Leonie het by Tanya gaan kuier in Kylemore. Voor ons verder gaan, hier is ‘n bietjie agtergrond. Tanya en Leonie het in 2014 ontmoet en met tyd het die twee vriendinne geraak. Soos vriendinne maak het Tanya vir Leonie voorgestel aan haar ouers, vriende en familie. Daar was egter nooit ‘n woord van Leonard gepraat nie.

Die eerste keer wat Leonard vir Leonie gesien het was in Desember 2015, by ‘n vriendin van Tanya se huis. Leonie was salig onbewus van Leonard se teenwoordigheid maar hy kan tot vandag presies onthou watter uitrusing sy aangehad het. Soos meeste mense vir Leonard ken, is hy baie lief om sy tyd te neem met enige iets wat hy doen. Hy sal altyd sé hy hou daarvan om sy planne goed deur te dink. Dit is ook dan presies wat hier gebeur het. Leonard het sy tyd geneem, dit het laat geword en Leonie is huis toe.

Die tweede “ontmoeting” het ook nie so goed verloop nie. Die datum was 2 Mei 2016 en die plek was Porterville. Weereens was Leonie onbewus van Leonard se teenwoordigheid maar in Leonard se verdediging, hy het nooit ‘n kans gekry om met Leonie te praat nie. Leonie was die fotograaf vir die funksie in Porterville daardie naweek en was eenvoudig net te besig vir Leonard.

Soos die spreekwoord gaan: Third time lucky!

Op 16 Junie 2016, te danke aan Tanya, ontmoet Leonie en Leonard mekaar by ‘n funksie in Klapmuts. Leonard het ‘n paar weke voor die funksie sy 1ste motor gekoop en Tanya het hom oortuig om die funksie saam haar en haar suster by te woon. Dit was ‘n wonderlike dag, al het Leonard nie eintlik met Leonie gepraat nie. Nou wonder jy seker hoekom nie? Ek sal jou sé hoekom.

Dit was vir twee redes; Leonie was weereens die fotograaf vir die funksie maar behalwe vir dit, die mense wat vir Leonie goed ken, weet dat sy hou baie van gesels en arme Leonard kon nie ‘n woord inkry nie!

Later die dag op pad huis toe, verklap Leonard sy geheim aan sy twee niggies “Leonie is ‘n mooi meisie, ek sal likes om vir haar te soen”. ‘n Week later vertel Tanya vir Leonie wat Leonard gesê het, en soos die spreekword gaan: The rest is history.

Die saadtjie is geplant. Vanaf hierdie punt was die twee onafskeidbaar. Leonard het besluit om dit amptelik te maak en op 4 September 2016 vir Leonie gevra om sy meisie te wees. Hulle het mekaar se ouers ontmoet en soveel as moontlik tyd saam spandeer met mekaar. Ses maande later op Leonie se verjaarsdag het Leonard vir Leonie ‘n groot vraag gevra. Nee, nie daardie groot vraag nie, iets baie beter!

Voor ons kom by wat die vraag was, is dit belangrik om verstaan dat die twee nie sonder mekaar kan lewe nie. Onthou ook dat Leonard daarvan om sy planne goed deur te dink. Om seker te maak Leonie sal hom nooit los nie, het hy ‘n kontrak op gestel. Daar was net een sin, een reël en een vereiste en dit was dat Leonie moet by Leonard bly vir die volgende 100 jaar.

Dit was hulle verhoudingskontrak lank voor hy vir haar op 20 Maart 2020 gevra het om te trou.

Presies een jaar later op Leonie se verjaarsdag vra Leonard vir haar om die verhoudingskontrak te hernu. Leonie vra hoekom wil jy so iets doen, daar is nog 99 jaar oor op die kontrak.

Leonard se antwoord? ‘Dit is te min, ek soek weer die hele 100”.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Marilise Summers – Flowers and Décor
  • Dekor: Marilise Summers – Flowers and Décor
  • Fotograaf: Nikolai Polzenhagen
  • Gaste Geskenke: Merrypak
  • Grimering: The Groom Room & Sharileen Hair & Makeup
  • Hare: Crown Styling
  • Huweliksbevestiger: Wilfred Du Plessis
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Sterns
  • Troukoek: Bea’s Cake Studio
  • Koördineerder: Simondiums Country Lodge
  • Musiek: Southern Sound
  • Platejoggie: Southern Sound
  • Skoene: Miladys
  • Skryfbehoeftes: Droom Ontwerpe & Onett Designs & Betty Boo & Pretty Creations & Purple Carrot
  • Strooimeisie-rokke: Grace Bridal Boutique
  • Trourok: Grace Bridal Boutique
  • Venue: Simondiums Country Lodge
  • Paartjie se verblyf: Simondiums Country Lodge
  • Videograaf: Grace Bridal Boutique
  • Huwelik kontrak: Lindi Smith Incorporated
  • Wittebrood plek: Nature Lovers’ Retreat, Knysna