Linmarie & Wihan Jacobs

STORIE:


Ek was nie soos elke jong meisie wat oor ʼn sprokie troue gedroom het nie, of kom ek sê eerder: Nie totdat ek vir Wihan ontmoet het nie. Ek en Wihan het mekaar deur Facebook ontmoet. Wat ʼn lekker storie om vir ons kinders eendag te kan vertel, ek het vir Wihan van geen kant af geken nie, tot die 27ste Augustus 2019 wat ek ʼn Facebook versoek van hom af ontvang het, ons het die 19de Oktober 2019 ontmoet in Newcastle by die McDonald’s, ek het die 6de Desember saam Wihan en sy familie gaan kamp en ek was dol verlief op hierdie man. Ek het geweet hierdie was my man. Ek het die 4de Februarie 2020 Thabazimbi toe getrek en ons het die 29ste Augustus 2020 verloof geraak. Ons het op die 6de November 2021 verewig trou aan mekaar beloof. Soos die wyse mense mos sê: As jy weet dan weet jy, dit het nie vir ons lank gevat om vinnig na die volgende stappe toe oor te gaan nie. Ek het nooit gedink dat ons troue so mooi sou wees nie, ek en Wihan is altwee “go with the flow” mense. Ons het nie lank aan ons troue beplan nie, maar ons het geweet wat ons wou hê. Ons het by die mooie Khalanyoni Wildplaas getrou naby Northam in Limpopo, dit was ook die eerste troue wat daar gehou was. Hulle het alles vir ons so mooi gemaak, en ons so spesiaal laat voel. Dit was die mees perfekte dag van ons lewens.
Waarom vir ons stem? Deur na ons fotos te kyk kan jy ons liefde vir mekaar sien, ons liefde vir die natuur en ons liefde vir ons Hemelse Vader. As jong getroudes wil ons soveel uit die lewe uit tap soos wat ons kan, asook soveel moontlike tyd saam spandeer voor ons met ons eie klein familie begin. So as die met jou hart praat, STEM asseblief vir ons. Ons sal so dankbaar wees.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21096


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21096



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Anneline Smit
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Eckhart Olivier
  • Juweliersware: Lovisa
  • Trouring: Touchwood
  • Platejoggie: Tines
  • Skoene: Shoe street
  • Venue: Khalanyoni Game Ranch
  • Paartjie se verblyf: Khalanyoni Game Lodge
  • Vervoer: John deere Trekker
  • Huwelik kontrak: Bezuidenhout lak Attorneys
  • Wittebrood plek: ATKV Natalia