Madelei & Sheldon Da Silva

STORIE:


Liefde, wat is liefde?

Is ‘n mens so lank saam omdat dit maklik is? Nee… inderdaad, is ‘n mens so lank saam juis omdat mens deur die moeilike tye veg, en gekies het om dit te maak werk.

Die vase van verlief wees, is nie net tydelik soos almal sê “honeymoon phase” nie, ek stem nie daarmee saam nie. Daar is baie uitdagings in die huwelik, daar is baie opdraandes, en tog is die realiteit daarvan, die moeite werd. ‘n Mens kyk tog nie na mekaar en dink… “ah well, daar gaan die ‘honeymoon plase’ nie”. ‘n Mens bewonder mekaar vir hoe mens elke stap saam neem. Dit maak nie saak hoe lelik ‘n mens kan baklei en stry nie, al gaan klim jy kwaad in die bed en draai julle rûe teen mekaar, daar is tog hierdie magneet wat jou aanhou terug trek na jou siel maat. As jy jou kry, is jy in elk geval weer in mekaar se arms, met kiewe wat wil kriewel en sê “hoe lyk dit vandag? Gaan ons weer probeer?”

Maar natuurlik! ‘n Mens wil deurdruk tot die dag wat jy saam grys, oud en verrimpeld is, want jy wil uitsien hoe jou siel maat vir jou kleinkinders stories vertel. En raai wat, jy gaan dan sien hoe jy na al die jare nogsteeds verlief is. ‘n Mens verander saam in ‘n huwelik, dit is hoe wys jou eie verhouding jou kan maak.

It’s worth it ♡

Ons is die Da Silva’s ! “Highschool Sweethearts”
(Al 13 jaar saam en 4 maande getroud)

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Bruidegom-pak: EURO SUIT
  • Fotograaf: STELLA UYS
  • Grimering: MARYKE VERSTER
  • Hare: JACQUILINE BREEK
  • Huweliksbevestiger: PASTOOR TJ
  • Trouring: KAYS
  • Strooimeisie-rokke: BRIDE AND CO.
  • Trourok: TIMELESS BRIDAL COUTURE
  • Venue: ROLLING WATERS
  • Huwelik kontrak: CVH ATTORNEYS