Marco & Marlene Niebuhr

STORIE:


Ons Storie

Eerste Ontmoetting – 22 September 2020
Die Rondawel by 102 Bree Straat. Marco het voorgestel dat ons mekaar iewers moet ontmoet na al die weke se gesels- ons gesprek het begin die 28ste Augustus 2020 waar Marco positiewe-kommentaar gelewer het op n melktert wat ek gebak het, ek het hom oor genooi na my tuiste om gevulde pannekoekke te kom geniet op n koue dinsdag aand.

Die weke daarna
Marco was terug Paulpietersburg toe vir die langnaweek waar hy tyd saam famielie deurgebring het, ek was saam my gesin af suid-kus toe. Ek het n oproep ontvang van Marco waar ek genooi is na n Niebuhr-familie wegbreek in Marloth Park. Marco was terug Pretoria toe vir werk alhoewel ons mekaar nie weer gesien het nie, het ons elkedag kontak gehad.

Marloth Park, Kruger Nationale Park
Marloth Park sal n plek wees wat ons altyd sal onthou. Sondag oggend die 18de Oktober 2020 het Marco vir my n boodskap vroeg die oggend gestuur waar hy gese het: “Goeie More Honey, kom ons stort gou en dan vat ons gou n stappie en lees die Woord saam.” Marco het koffie gemaak en ons het afgestap na die bankie wat uitkyk op die Krokodil Rivier, Kruger Nationale Park.
Die dagstukkie het gegaan oor Eenheid- “Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges.” Romeine 15:5 Dit was n windstil oggend, Marco het die dagstuk gelees en ons het toe saam n liedjie geluister wat saam met die dagstuk gekom het. Tydens die liedjie kom daar n wind op wat ons albei so sterk gevoel waai het, dit het gevoel of die Heilige Gees ons albei seën. Dit was so n kragtige emosionele oomblik. Ek het skoon n traantjie gepik waar Marco my hand gevat het en gevra het of ek saam met hom die pad na eenheid wil aandurf. Dit was die begin van soveel meer.

Marco vra ouers, Umzolozolo Safari Lodge | Nambiti Game Reserve Die Beän’s en Niebuhr’s was saam op n wegbreek naweek waar dit n guldige geleentheid was vir die twee gesinne om mekaar beter te leer ken. Marco het n geleentheid gekry om die groot vraag aan albei te vra, dit was n oomblik om te onthou en albei ouers het met groot vrede en gerustheid die JA woord aan hulle nuwe aanstaande skoonseun gegee.

Marléne se JA | 19 Maart 2021
Marco en ek het n ruk terug net informeel gesels oor die droom verlowing – Ek het laggend vir Marco gesê: “Gaan jy my latweet wanneer ek mooi moet aantrek?”Hy het geantwoord: “Wil jy mooi lyk of wil jy n verassing hê?.” My antwoord het hom toe laat besluit om Die Groot Vraag te vra by Bivane Dam. Die verlowing was n baie groot verassing en n spesiale oomblik wat ons nooit sal vergeet nie.

Die koeël is deur die kerk | 05 Junie 2021 Ons troudag datum was n geskenk van bo, The Glades Farm was ons eerste opsie as trou venue. Dit was alreeds n jaar vooruit bespreek so die kans om daarin te kom was baie skaars. Omrede ons die troue in minder as 3 maande beplan het moes ons vinnig beplan. Ons het by al ons eerste keuse verskaffers gebly en die kans gevat en met deur die genade van bo was daar n kanselasie vir die datum wat ons wou hê, die fotograwe, musiekspan asook die spyseniers was beskikbaar om ons te help.
Die troue was vasgemaak in n week se tyd en daarna was dit regtig met maklik en lekker. My rok was die eerste rok wat ek aangepas het, Marco het ook dadelik sy eerste pak wat hy gepas het van gehou.

Na al die klein en groot dinge wat ons beplan en gereël het in die kort tydperk, is ons harte warm en kan ons se die koudste winters dag was ons trou dag en n dag wat ons nooit sal vergeet nie.

Om mekaar te ontmoet, verloof te raak en te trou in n pandemie, waar mens maskers dra en nie baie kan sosialiseer nie, kan ons met opregte harte vir die Liewe Vader dankie sê dat Hy ons vir mekaar gestuur het en dat ons so bevoorreg was om te kan trou en ons droomdag te kon beleef!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: A Seed to Sow
    • Bruidegom-pak: Country Road
    • Dekor: Lu-anne McCord
    • Fotograaf: Lora Photography
    • Grimering: Lorainne van der Nest
    • Hare: Karin Muller
    • Huweliksbevestiger: Jay Bezuidenhoudt
    • Juweliersware: Jeanne and co
    • Trouring: Marion Rewhinkel Jewelery
    • Troukoek: Smiths Bake Shop
    • Musiek: The Wedding Dj
    • Skoene: Aldo
    • Trourok: Jeannelle la Amour Bridal
    • Venue: The Glades Farm
    • Videograaf: Lora Photography