Martin & Carina Delport

STORIE:


Ons het met ‘n ‘blind date’ ontmoet by Black Steers 17:00 op ‘n Woensdag middag en gekuier tot 20:30 ons sou seker tot toemaak tyd gesit het was dit nie vir my suster wat gebel het om te hoor of ek ok is en waar is ek? Van daar het ons elke middag na werk koffie gedrink en elke Vrydag het hy vir my blomme gebring na ‘n maand het ons ge’kys’ en na nog ‘n maand het hy my gevra om te trou weer by Black Steers. Hy het gese ek kan eers daaroor dink ek het begin huil en gese ek hoef nie te dink nie ek weet die antwoord dis JA!! Sy Ma het my gebel en gese wat hoor sy en is dit nie te vinnig nie? Ek het gese as mens weet dan weet jy.

Toe begin die trou reelings met +-300 gaste vir Sept 2020 met covid moes ons aanpas, soos enige ander paartjie die troue is geskuif na Feb 2021. Die reelings het ‘n paar keer verander en op die ou einde op Perdehoek 15km buite Lichtenburg besluit. Oorspronklik het ons nie ‘n tema gevolg nie, maar die dag van troue toe alles bymekaar kom was dit sprokies verhaal, ons inspirasie was tradisioneel met iets anders.

Die seremonie was in ‘n bos Kerk in die opelug tussen mielie lande op hout bankies met die voels gesang in agtergrond en suising van die wind tussen die blare met die koets wat my gebring het met die gerunnik van Braveheart, die Fries perd toe ons by Kerk ‘deur’ stop.. en ek het gedink dis so asof ons dit vooraf bespreek het, ek en Braveheart. Die gaste wat ‘n ere wag gevorm het na seremonie en ons bestrooi het met gedroogde blom blare van elke Vrydag se ruikers, hoe spesiaal is dit nie? Ons gaste het ‘n puzzle gebou terwyl hul vir ons wag en ontvang in ‘n saal met fairy ligte in dak en kerse teen mure met ons familie wapens in agtergrond van hoof tafel wat die atmosfeer geskep het van middel eeus. Die trou koek was imposant wat bestaan het uit 8 koeke waarvan 2 wortel -, 2 vanilla -, 2 tjokolade en 2 vrugte koeke was en jul sal nie glo nie dit was Martin wat aangedring het op die koek. Die geskenke tafel was ‘n aflewerings fiets uit miliee se dae vanuit Zambie. Ons het besluit om die bruidsruiker op te veil en met die kous band het my man ‘n looitjie getrek omdat daar nie regtig ongetroude gaste was om dit te vang nie.

Ons wou he ons gaste moes dit net soos ons geniet! En HET ons dit nie geniet nie dit was so spesiaal.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: TAFEL – die Venue / HAND RUIKERS – Clarks kwekery
  • Bruidegom-pak: Fochini
  • Dekor: Perdehoek – die Venue
  • Fotograaf: Johan Wehmeyer
  • Gaste Geskenke: Self gedoen
  • Grimering: Michelle van Bederfies
  • Hare: Siska van Christies Salon
  • Huurdienste: Perdehoek
  • Huweliksbevestiger: Ds. Ben Botha
  • Juweliersware: American Swiss
  • Trouring: American Swiss
  • Troukoek: Chantelle
  • Koördineerder: Ons self en Uchaan van Perdehoek
  • Musiek: Leon Venter
  • Platejoggie: Leon Venter
  • Skoene: Skoen Boutique
  • Skryfbehoeftes: RGB en Lichtenburg Skryfbehoeftes
  • Strooimeisie-rokke: Kookies Boutique
  • Tente: –
  • Trourok: Emmie Weyers
  • Venue: Perdehoek
  • Paartjie se verblyf: Perdehoek
  • Vermaak: Perdehoek – springkasteel
  • Vervoer: Koets – du Preeze landgoed
  • Videograaf: Johan Swanepoel
  • Huwelik kontrak: Binne gemeenskap van goedere getroud
  • Wittebrood plek: Oos Kaap