Mauritz & Leandri Esterhuizen

STORIE:


Na 6 jaar saam het die rentekoers uiteindelik gesak en Mauritz het my gevra om te trou, dit was sy voorwaarde as enige iemand ons gevra het wanneer gaan ons verloof raak, hy is n baie presiese man, en geen winkel ring was goed genoeg volgens hom nie, op sy senuwees het hy gaan ouers vra met net n diamant want sy tyd was bietjie min, so het ons verloof geraak in Desember 2018, enige meisie se droom ring is aan my vinger, en ek het gedink dis die beste dag van my lewe.

Ek wou sommer vinnig trou maar ons het besluit ons gaan self vir die troue betaal so moes eers bietjie spaar, ons het toe op n datum besluit 22 Augustus 2020 ons het sommer vinnig n kortlysie opgestel vir Venues en in Januarie 2019 na ons eerste plekkie gaan kyk, ons woorde was as dit sakpas is beloof ons trou aan mekaar net daar langs die hennops rivier. 23onRiverside Lanseria was soos die eerste keer toe ek en hy mekaar ontmoet het, ons was dadelik verlief ons het nie eers verder gaan soek nie. Die beplanning het begin, begroting is uiteen gesit en dit was net happy planning all the way.

Elke bruidjie is altyd bekommerd oor reen op die trou dag of as mens iets vergeet maar ek het net 1 bekkomernis gehad, hoe gaan ek en my pa ons dans doen, hy het al twee sy bene verloor en is in n rolstoel, hy was amper nie meer met ons nie maar die Here het geweet dat ek nie kan aangaan sonder n pa nie en Hy het hom vir my gespaar. Ek het toe maar besluit om vir hom n mooi slideshow te create wat dit meer spesiaal vir ons gemaak het op die dag!

So is daai hekkie oorkom en die happy planning gaan weer aan, tot in November 2019, hier steek n nare gogga sy kop uit wat die hele land onder n totale lockdown sit, Covid!! Ek was rustig daaroor tot en met so 4 maande voor die troue, toe begin ek paniek bevange raak want ons bly op Level 3 my hart was stukkend want hoe kan so iets ons troue kaap. Ons het toe besluit om die troue te skuif en hier begin die aftel van voor af, min wetend dat dit eintlik n goeie keuse was want ek kon meer goedjies bysit wat ons nie sou kon doen weens ons begroting nie.

Die nuwe datum is gekies 3 April 2021, so spesiale dag is weer volstoom aan die beplan. Ek gryp die kalender nader, net om uit te vind dit val oor paas naweek, die Here het n plan met als en daarom het Hy daardie datum oor ons pad gestuur. Dit was die eerste beskikbare datum wat dit nie so warm was nie en ons kon as volwasse mense trou aan mekaar beloof maar ook soos kinders paashase in die tuin soek, maar die mees belangrikste was waaroor paasnaweek eintlik gaan, hoekom ons Paasfees vier: om terug te dink aan die dag toe Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het en dat Hy die dood oorwin het sodat ons die ewige lewe kan hê. Laat ons dan Paasnaweek met dankbaarheid en vreugde vier, sodat ander ook die verlossingskrag van sy liefde in ons kan sien. Vir ons was dit perfek dit is so belangrike naweek in Jesus se teenwoordigheid.

Die laaste maand van beplanning val als mooi in plek en ons kon nie wag vir die groot dag nie, hier is hy UITEINDELIK!! 3 April 2021, en ek kan n blofte voor 80 mense en God maak dat ek Mauritz as my man kies en hy my as sy vrou, niks het skeef geloop op die dag nie, als was perfek, my pa kon my in die padjie af vat, en ek het die perfekte man wat vir my voor die kansel wag. Ons is n baie hegte gesin, die trane het behoorlik gevloei. Ek is nie een dag spuit oor enige van ons besluite rondom die rok, decor kos en gaste wat die troue by gewoon het nie. Hierdie #esterhuizenbruilof het mense by mekaar gebring en almal praat tot vandag toe nog oor die troue, die venue en hoe mooi alles was. Die Dominee het natuurlik almal behoorlik regop gehad met sy kragtige preek. Dit was so kragtige boodskap!!

Dit was nie altyd maklik nie maar ons het vasgebyt en hierdie Jacobsz het uiteindelik n Esterhuizen geword. En alles was meer as perfek!! Soos ek voorheen gese het enige meisie dink haar verlowing is die beste dag in haar lewe maar vir ons het die troue enige ander dag oortref.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: 23onRiverside
    • Bruidegom-pak: Parktown
    • Dekor: 23onRiverside
    • Fotograaf: RindiSwan
    • Gaste Geskenke: Self gemaak
    • Grimering: Makeup by Nerina
    • Hare: Ilonka Visser
    • Huweliksbevestiger: Jaco Geldenhuis
    • Juweliersware: Creative Goldsmiths
    • Trouring: Creative Goldsmiths
    • Troukoek: Bake me Pretty
    • Koördineerder: Beaunette Botha
    • Musiek: Dj SDX
    • Skoene: Woolworths
    • Skryfbehoeftes: Met Liefde Ontwerp
    • Strooimeisie-rokke: Michelangelo Bridal
    • Trourok: Michelangelo Bridal
    • Venue: 23onRiverside
    • Paartjie se verblyf: 23onRiverside
    • Videograaf: RindiSwan
    • Huwelik kontrak: Smith & Vosloo
    • Wittebrood plek: Zanzibar