Micheal & Bianca Crous

STORIE:


Ons het ontmoet in 2018 deur ń vriendin wat ons in gemeen het, ons altwee was op ń donker plek in ons lewe en van die dag wat ons paaie gekruis het kon ons mekaar net oplig, ondersteun en motiveer. Ons wou van dag een af die res van ons lewens saam spandeer maar finansieel was ons nie seker hoe ons, ons droom gou sou kon waar maak nie. November 2020 was ons by my Ouma se 80ste verjaarsdag waar ons van my familie gesien het wat ek baie lank terug gesien het. Almal was dadelik mal oor Micheal en het hom dadelik deel van die familie laat voel, my een oom het gevra wanneer ons trou want hy kan die liefde wat ons vir mekaar het sien en vertel hoe spesiaal dit is. Ons het gesê dat ons wag vir die regte tyd en vir ons finansies om toe te laat dat ons, ons droom dag kan hê. Vroeg Desember het my Ouma my gebel en gesê dat hierdie Oom vir ons wil help om te trou, hy wil ons help betaal aan ons droom. Ons was stom geslaan maar opgewonde, ons het dit bespreek en besluit dat ons Oktober 2021 wil trou, dis so mooi tyd van die jaar en dit gee ons genoeg tyd om alles te beplan en ons het gehoop dat die inperkings en regulasies teen ń einde sou wees teen dan. Die plek waar ons getrou het, het vir ons al die beskikbare datums gestuur vir 2021 en die datums was net tussen Januarie 2021 tot einde April 2021, ek was geskok want dit gee ons so min tyd om alles te beplan sou ons een van daardie datums kies. Die plek het ń black friday aanbod gehad dus is hierdie al datums wat onder daardie aanbod nog beskikbaar was, ek het met hulle gepraat en hulle het gesê dat ek enige ander datum kan kies hulle sal steeds dit onder die aanbod prys vir ons gee as die datum by hulle beskikbaar is. Ons het alles met ons ouers bespreek, my Pa het gevra hoekom ons nie in April trou nie en gesê dat 4 maande genoeg is om alles te beplan (duidelik weet hy nie hoe trou beplanning in 2021 is nie). Ek het na April se datums gekyk en gedink hoe perfek dit sou wees as ek dan 10 April trou aangesien my ouers 01 April 1995 getroud is, dis basies net omgeruil. Dit het op daardie stadium iets vir my beteken, na ek en Micheal dit bespreek het, het ons 10 April 2021 as ons trou datum was gestel. Teen die tyd was ons nog nie eers verloof nie want ons het tog van dag een af veraltyd aan mekaar belowe en vir ons sou ń ring dit nie meer van ń realiteit maak nie. Middel Desember 2021 het Micheal my gevra om te trou, net om alles nog so half reg te doen. Die dag daarna het ek dadelik weg gespring en begin beplan en kort voor lank het alles in plek geval, ek het die wonderlikste verskaffers gehad en dit het natuurlik gehelp dat my skoonma haar eie dekor maatskappy het. Meetste van my dekor, blomme en beplanning is deur haar gedoen. Ons dag was perfek, baie hick ups natuurlik maar goed waarvan niemand eers geweet het nie en as ek nou met hulle daaroor praat kan hulle nie eers glo dat dit verkeerd gegaan het nie. Ek was so geseën ons meer as 90 van ons naaste mense daar te hê, dit was ń sprokie. Ons het nie vir een sekonde gedink dat ons alles so perfek kan beplan in net 4 maande nie. Dit was mal met tye maar elke slapelose nag was die moeite werd gewees. Min het ek geweet dat ek 2 maande later my pa sou verloor, die dag toe hy sê ons moet April trou wou ek van my kop af raak maar as ek nie het nie en eerder in Oktober sou trou soos ons beplan het sou my pa nie daar gewees het nie en sou my sprokie glad nie so perfek gewees het nie. Onthou net dat die lewe kort is en die lewe wag vir niemand nie so terwyl jy wag vir die regte tyd of finansies voor jy jou droom waar maak gaan die lewe aan en mag jy dalk uit mis op herinneringe wat jy nooit weer sal kan maak nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Alettas Decor Hire
  • Dekor: Alettas Decor Hire en Kareespruit (Venue)
  • Fotograaf: Yolandi Du Plessis Photography
  • Gaste Geskenke: Alettas Decor Hire en Wedding Creations
  • Grimering: Salome Odendaal van Hot Pink Artistry
  • Hare: Salome Odendaal van Hot Pink Artistry
  • Huurdienste: Alettas Decor Hire
  • Huweliksbevestiger: Jan Nel vanuit NG Middelvlei Randfontein
  • Trouring: Jolan Jewellers
  • Troukoek: Alettas Decor Hire
  • Koördineerder: Kareespruit (Venue)
  • Musiek: Alettas Decor Hire
  • Platejoggie: Alettas Decor Hire
  • Skryfbehoeftes: Alettas Decor Hire en Wedding Creations
  • Strooimeisie-rokke: Jan Paul Couture
  • Trourok: Michelangela Bridal Boutique
  • Venue: Kareespruit Game Ranch and Guesthouse
  • Paartjie se verblyf: Kareespruit Game Ranch and Guesthouse
  • Huwelik kontrak: Jan Els Prokureurs
  • Wittebrood plek: Umhlanga Cabanas