Pierrow & Susan Cronje

STORIE:


Met die hange van die pragtige lowergroen Magaliesberge in die agtergrond vind jy die mooiste, boomryke en indrukwekkende klipafwerking venue waar ek en my aanstaande trou aan mekaar gaan beloof. Tussen die bruidspaar, die strooijonkers en strooimeisies heers ‘n opgewekte, skersende atmosfeer, almal opgewonde om deel te wees van die paartjie wat binnekort as man en vrou verklaar sal word.

Almal is nou getooi en neem stelling in vir die groot oomblik. Bruidjie geklee in haar asemrowende spierwit trourok wat lyk soos ‘n koningin, word ingewag deur die Bruidegom in sy royal blou kispak. Met blink oë staan hy en wag om haar plek langs syne in te neem. Hy kry ‘n stewige handdruk van die bruid se pa en Bruidjie neem haar plek langs syne in.

Die dominee lewer sy boodskap van ewige trou aan mekaar en laat hulle met die gedagte “Wees in alle omstandighede mekaar se nommer een” en voltrek die huwelik. Die register word in almal se teenwoordigeid geteken en hulle verlaat die kapel onder juigende skare.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Bruidegom-pak: BLACK TIE
  • Dekor: PRIVAAT
  • Fotograaf: BIRD HOUSE
  • Grimering: HALOUW MAKEUP ACADEMI
  • Hare: BRIDAL HAIR
  • Trouring: PRIVAAT
  • Koördineerder: RED IVORY
  • Platejoggie: DJ TONY
  • Skryfbehoeftes: ONETT DESIGNS
  • Trourok: WHIMSICAL
  • Venue: RED IVORY
  • Videograaf: VLAK VARK PRODUKSIE
  • Wittebrood plek: SANTORINI