Quintin & Cherise Alblas

STORIE:


So 10 Junie 2019 is die ring aan die vinger en al die opwinding en beplanning begin! Venue is gekies, datum is gekies…30 Mei 2020! Alles word gereël en ons is vreeslik opgewonde soos die tyd nader stap! En toe kom die ding wat baie van ons se lewens so bietjie kom omkrap het – Covid. Met alles wat aangaan moes ons toe die hartseer keuse maak om ons troue te skyf en ons besluit toe op November maand. Boodskappe word uitgestuur aan almal en gelukkig het ons DIE BESTE verskaffers gehad wat geskuif het na die nuwe datum toe sonder enige probleme of ekstra fooie. Soos wat die 2de datum nader kom, het die reëls nog nie verander nie en ons moes toe besluit om WEER uit te skyf. Soos hulle sê, “3rd time lucky” – 8 Mei 2021. Afgesien van al die probleme die week voor die troue: Ons videograaf wat paar dae voor die troue laat weet dat hy ons nie meer kan help nie, my bruidsmeisies se rokke wat ‘n absolute gemors was toe ek dit kry, Mango deur wie ons wittebrood se vliegtuigkaartjies bespreek was het laat weet dat hulle nie meer Zanzibar toe vlieg nie – was ons troue steeds DIE BESTE DAG van ons lewens en het God ‘n manier gehad om alles uit te sorteer voor die troue! Quintin spot nog die dag voor die troue en sê “Alles het voor die troue verkeerd geloop, so niks kan op ons trou-dag verkeerd gaan nie”, en dit is presies hoe dit was. Absoluut alles was perfek en as ek kon terug gaan om enige iets te verander, sou ek alles presies dieselfde oordoen (behalwe vir die “curfew” wat ek graag bietjie later sou wou hê 😉 ) Om die dag saam met al ons geliefdes te kon deurbring was ‘n absolute seën. Die venue het alles en meer gedoen, die kos was uit die boonste rakke, ons fotograaf en videograaf het alles so mooi vasgevang en die dag was net perfek! Ek trou sommer weer – beslis met dieselfde man 😉 !!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21050


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21050



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

    • Blomme: Tsekama Wedding venue
    • Bruidegom-pak: Oriental plaza
    • Dekor: Tsekama Wedding venue
    • Fotograaf: DGR Photography
    • Gaste Geskenke: Vetplantjie addict
    • Grimering: Uniq makeup & training
    • Hare: Uniq makeup & training
    • Huweliksbevestiger: Kobus Kloppers
    • Juweliersware: Bride and Co
    • Trouring: Mandie Malherbe Juwele
    • Troukoek: Tsekama Wedding venue
    • Koördineerder: Tsekama Wedding venue
    • Musiek: Tsekama Wedding venue
    • Platejoggie: Schalk burger (Tsekama Wedding venue)
    • Skoene: Truworths
    • Trourok: Whimsical bride
    • Venue: Tsekama Wedding venue
    • Paartjie se verblyf: Tsekama Wedding venue
    • Vermaak: Photoboo-Thing
    • Videograaf: Brendon Bez
    • Huwelik kontrak: Jaques van den Ende ( CVH Attorneys )
    • Wittebrood plek: Zanzibar