Ramon & Lanette De Beer

STORIE:


Bernice, Annette en Junica kom al van hul kinderdae af saam en het na baie jare van soek, weer danksy Facebook bymekaar uitgekom en die vriendskap hervat.…. ‘n vriendskap van meer as 50jaar! So tussen die opvang deur het Junica en Annette besef dat daar potensiaal is om familie te word. Bernice was die voorbok en het die twee dadelik aangespoor om Lanette en Ramon aan mekaar voor te stel. Daar is hard aan planne gewerk maar dit het moeilik gegaan. Ramon was op die Cayman eiland waar hy werk en Lanette was in Suid-Afrika waar sy werk. Pogings van Junica om Ramon sover te kry om Lanette te ”add” op Facebook, het op ‘n dooie punt uitgeloop… sy woorde was nie vreemd toe hy vir haar gesê het dat hy nie nut daarin sien om ’n vriendin te add wat in Suid-Afrika bly nie.

Intussen het Annette vir Lanette vertel van Ramon en so het ma en dogter bietjie gaan kyk wat op sy Facebook aangaan. Natuurlik was Lanette se woorde dat sy klaar is met mans en nooit gaan trou nie!

So gebeur dit toe dat ma Junica en pa Riaan hul huweliksbeloftes na 21 jaar in Oktober 2017 hernu en daar was ‘n groot makietie beplan. Ramon het die spesiale geleentheid bygewoon en so terloops gevra of die meisie met die mooi blou oë ook daar gaan wees. Dis toe dat Junica besef hy het wel bietjie gaan rond snoop op Lanette se facebook.

Aan die anderkant het Annette haar dood gesukkel om Lanette sover te kry om Junica en Riaan se seremonie saam by te woon. Kyk, sy was bitter kwaad. Hoe is dit moontlik dat haar ma van haar kan verwag om saam met die ou mense te kuier. Twee rokke verder met mooi beloftes daarby, het sy uiteindelik baie teënsinnig ingestem. Aangekom by die seremonie, het sy vir haar so ”upstairs” gehou dat mens omtrent nie met haar kon huis hou nie. Sy was ingedeel by die jongklomp se tafel maar sy het eerder aan tafel tussen haar ouers gaan sit. Ramon was ook op sy eie mission saam met sy familie wat hy maar min sien. Lanette het tog kort kort geloer na sy kant. Na baie wik en weet het sy besluit om hom te vra om te dans.

Na afloop van alles het hy vertrek en by sy dogtertjie Lia gaan kuier in Kathu en die naweek daarna eers teruggekeer. Hy en Lanette het mekaar vir ‘n afspraak ontmoet en sommer dieselfde aand saam met pa Willie en ma Stella in Pretoria gekuier. Asof dit nie genoeg was is hulle toe daarna saam met Ramon se niggie Michelle, Presleys toe en terwyl Junica en Annette hul kinders om die beurt gekontak het, het die twee in elk geval eers in die vroeë oggendure tuis gekom. Saterdag word Lanette genooi om rugby te gaan kyk by Junica hulle en Sondag besluit die twee om mekaar nog bietjie beter te leer ken.

Nodeloos om te sê, tyd het nie stilgestaan en Ramon moes terug Caymans toe. Hy verras Lanette met ‘n yslike bos blomme voor sy vertrek die Maandag en van daar af kuier die twee elke dag op whats-up vir ure! Op die 12de Desember 2017 vra Ramon vir Lanette om sy meisie te wees in ‘n video boodskap waarin hy vir haar deel van sy lewe op die eiland opgeneem het. Toe raak die eensaamheid te veel en Lanette word genooi om te gaan kuier. Sy vertrek die 18de April 2018 en kom die 4de Mei terug. Met die terugkeer was daar ‘n duidelike vonkel in haar oe en pa Lantie het gevra of sy gaan werk soek het daar maar sy was doodstil.

Lanette verhuis sak en pak Caymans toe aan die einde van September 2018 om die 1ste Oktober daar te begin werk. Die koeël was deur die kerk en dit was seker dat die twee baie ernstig is oor mekaar. Junie 2019 het hulle kom kuier en Ramon vra vir oupa Nic, Pa Willie en pa Riaan en al sy broers hul seën om met Lanette te trou. Met hul terugkeer Kempton Park toe word ma Junica an ma Annette genooi vir koffie in Pretoria wat nogal bietjie vreemd was. Min het die twee ma’s geweet dat hulle eintlik na die venue geneem word. Imperfect Perfection was hul eerste en enigste keuse. Daardie selfde aan vra Ramon ook pa Lantie en Renier se seën natuurlik het die twee van der Merwe manne hom eers bietjie laat sweet..

Ramon het self Lanette se ring ontwerp wat in die Kaap deur Werner Matthysen gemaakl is. Die enigste probleem was die ring in die Kaap, hulle terug op die eiland en geen manier om die ring op die eiland te kry. Maar, weereens werk dinge soos dit moet en Mandy wat ook die eiland werk was op haar vakansie breek en sy kon die ring saam met haar neem. Ramon het haar die 18de September 2019 met haar terugkeer op die lighawe ontmoet en sommer dieselfde aand die ring aan Lanette se vinger gesteek en haar gevra om sy vrou te word. Al die ouers is in die vroeë oggendure wakker gebel (agv die tydsverskil) en almal kon saam deel in hul geluk.

Dis duidelik dat die Here die voetstuk in hierdie verhouding is want uit al die duisende mense op aarde, het Hy hulle twee oor die wêreld gekies om een te word.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Alsmeer
  • Dekor: Imperfect Perfection
  • Fotograaf: Pelser Photography – Nici Pelser
  • Grimering: Private M Collection – Michelle Draper
  • Hare: Sonika Perrins
  • Huweliksbevestiger: Willie Olivier
  • Trouring: Werner Matthysen & Smith’s Jewellers
  • Troukoek: Gebak Met Liefde
  • Koördineerder: Lene van Leeuwen
  • Musiek: DJ Nico Myburgh
  • Skoene: OMG Bridel Wear
  • Skryfbehoeftes: Venessa van Heerden Creative Studio
  • Trourok: OMG Bridel Wear
  • Venue: Imperfect Perfection
  • Paartjie se verblyf: Imperfect Perfection
  • Videograaf: The Moment Videography- Jaco Roodt
  • Wittebrood plek: Lukimbi Safari Lodge