Reinard & Rene van der Vyver

STORIE:


Ons troudag was ʼn wonderlike viering van God se liefde, wat die liefde tussen ons so mooi maak, dat ons trougaste herhaaldelik sê dat ons troudag hoop skep vir ware liefdesverhale.

Ons hoor dit met groot dankbaarheid aan, net soos ons vol dankbaarheid is oor ons perfekte troudag wat deur soveel hartsmense se behulpsaamheid moontlik gemaak is.

Die frats-koue-dag, in Desember in die Groot Karoo, het aangebreek – dreigend met reënweer. Ek en my vier strooimeisies het rustig reggemaak vir die dag, met ʼn “bird’s eye view” van die pragtige Blomfontein trou venue, geleë tussen die pragtige Karoo koppies buite Cradock. My bruidegom en sy vier strooijonkers kon die Saterdag lekker rus en verder kuier, na die groot braai wat die Vrydagaand reeds plaasgevind het.

Uiteindelik breek die tyd aan vir my om na die mooi kapel toe te gaan. Na die strooimeisies ingestap het, het ons blommemeisie en hofknapie ingestap met ʼn bordjie wat sê, “Oom Reinard, hier kom sy!” Adam Tas en Stella se lied het gespeel toe ek en my pa, met my lang veil instap: “ek is ryk, want jy het my lief.” Dit was so spesiaal dat ds. Johan ons kon trou, want drie jaar gelede was hy die leier van die matriekfees-kamp op Heroldsbaai, waar ek en Reinard albei leiers was en met eerste oogopslag verlief geraak het. Die diens was kosbaar, met die goue draad van die wonder van die windpomp, wat so kenmerkend van die Karoo is. My bruidegom se sussie het boonop vir ons Die seën, van Retief Burger en Riana Nel, gesing.

Ons fotosessie, omring deur die prag van die Karoo, het skouspelagtig gelyk met die swaar reënwolke wat steeds in die lug hang, terwyl die trougaste op die lowergroen grasperk heerlike cannapés kon geniet. Vol opwinding het ons die onthaalsaal binnegestap op “I feel good” van James Brown en kort daarna het ons die dansvloer geopen op die vinnige, vrolike lied van Appel, Susanna.

Die atmosfeer was baie gemaklik en ontspanne, met skoonheid in eenvoud. Die saal se opmaak was eg tot die omgewing, met ʼn veld-gevoel, waar koring, Statis en Pennygum stylvol gebruik is saam met verskeie liggies. Boonop het die reën buite uitgesak en die unieke reuk van Karoo seënwater het geheers.

Die dansvloer was gelukkig baie groot, want langarm was omtrent aan die orde van die dag. Daar was lekker boerekos en die trougaste het gesmul aan skaapboud, krummelkors-patat, soet-tertjies en vele meer. Die #vanderVyverVastrap was so lekker dat die platejoggie tot laat nog musiekgemaak het vir die geesdriftige dansers. Gelukkig was daar niemand wat vroeër moes ry nie, want die venue bied luukse verblyf vir tot 140 gaste.

Die herinneringe van ons lekker troudag sal vir ewig gekoester word.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21122


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21122



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

    • Blomme: Sarie Willemse
    • Dekor: Katja Weise en Cara Tomlinson
    • Fotograaf: Anine Koch
    • Gaste Geskenke: Marita Kruger
    • Grimering: Lilanie Joubert
    • Hare: Elze-Mari Kruger
    • Huweliksbevestiger: ds. Johan Engelbrecht
    • Trouring: Elsabe de Koker
    • Troukoek: Sunel van der Vyver
    • Koördineerder: Myself
    • Platejoggie: Christo Kotze
    • Skoene: Charming Shoes SA
    • Strooimeisie-rokke: Christel van der Vyver
    • Trourok: Hester Coetzee
    • Venue: Blomfontein Trou Venue
    • Paartjie se verblyf: Blomfontein
    • Videograaf: Sandra Petersen
    • Huwelik kontrak: Barnard Incorporated
    • Wittebrood plek: Glentana