STORIE:
Die #virAltydVenter troue was op 22 Mei 2021 op Mariendal Venue buite Kroonstad in die Vrystaat. Van die begin af was die tema van die troue elegant en ANDERS. Ons het gekies om op die plaas in die Vrystaat vlaktes te gaan trou, omdat ons nie by ân venue wou trou waar elke troue min of meer dieselfde was en jy ân plaas se prys daarvoor betaal nie. Dit was ons inspirasie, ons wou anders wees. Ons het meeste van die reĂ«lings self getref en amper almal wat betrokke was by die troue was plaaslike mense wat Lientjie al ken vandat sy ân klein dogtertjie was. Vir ons was dit belangrik om te fokus op dinge wat vir ons kosbaar is en nie die dinge wat normaalweg in ân trou venue se pakket ingesluit is nie. Dit het ingesluit goeie kos, goeie wyn, goeie koffie, goeie musiek en ân sprokiesmooi saal. Ons troue se kleure was wit, salie groen, hout, glas en soveel as moontlik liggies. Ons kleredrag was elegant en formeel, aangesien so baie dinge in ons huidige lewe al hoe meer âplainâ word, daarom het ons besluit om groot te gaan.
Ons het in ân buite kerkie getrou waar ân mens oor die Vrystaat vlaktes kon uitkyk. Die troukar was ân wit Volkswagen Volla wat aan Riaan se oorlede Oupa behoort het en so was hy ook deel van ons dag. Ons konfetti was gedroogde Knoppiesdoring blare al die pad van ons Bosveld plaas, sodat ons bietjie van die Bosveld op ons troue kon hĂȘ en die mandjie waarin dit was is dieselfde konfetti mandjie wat Lientjie se ouers op hulle troue gebruik het. Die Dominee se preek het ingesluit hoe sout en peper altyd saam gebruik word, nie een sonder die ander een nie. Met daardie gedagte het die bruidspaar ân sout en peper pot aanmekaar vasgeplak om so ewig trou aan mekaar te beloof en om nooit sonder mekaar te wees nie.
Ons het ân buite straatkafee voorgereg gehad met onder andere ân garnaal kaaskoek, broodgateau en gekleurde groente-chips. Die drank-stasies het bestaan uit gluhwein, witwyn, sap en gin met droŃ ys. Ons het ook die troukoek buite gesny wat gebak was deur my Tannie en dit was een van die 1ste troukoeke wat ek ooit gesien het wat die gaste op eet. Toe almal in die saal sit was ân palletvervrisser macaroon met sorbet op droĂ« ys bedien en daarna was dit tyd vir die hoofgereg. Die hoofgereg was bord bediening met onder andere filet met Pinotage Jus en Romanoff Aartappelwiele. Elke kossoort op die bord kon met ân sekere wyn gepaar word om mekaar te komplementeer. Ons hoof fokuspunt in die saal was die poeding tafel wat in die middel van die saal was met baie ligte en kerse en daar was alles op waaraan ân mens kan dink. Dit het begin by sjokolade toffie appels, fudge van geelsuiker, tuisgemaakte malvalekker-toebroodjies tot miniatuur crĂšme brĂ»lĂ©e. Ons het ân koffie stasie gehad met ân barista en daar was meel op die vloer gegooi toe ons begin dans.
Ons het 4 blommemeisies, 3 hofknapies, 5 strooimeisies en 4 strooijonkers gehad. Ons trou geskenkies, asook die tafel aanwysings was ân foto van elke gas wat deur Riaan se boetie van 16 jaar geteken is en ons het ân spesiale tafel vir die blommemeisies en hofknapies gehad met goedjies wat hulle besig kon hou. Hulle het ons dag baie spesiaal gemaak en dit was lekker om so baie mense wat vir ons spesiaal is deel van ons troue te hĂȘ.
Ons het die dansbaan sommer voor hoofgereg oop gemaak sodat die mense kon begin kuier en terwyl ons op Elton John se âCan you feel the love tonightâ gedans het, het ons gaste om ons gestaan met âsparklesâ en dit was so spesiaal. Ons musiek was gemaak deur The Morning After Band en dit het verseker die troue ân baie lekker gees help gee.
Ons troue was op die plaas, maar nie ân plaastroue nie. Dit was elegant, tydloos en absoluut die troue waaroor ons al twee gedroom het. Ons troue het uit baie hoogtepunte bestaan, ons 1ste dans tussen ons gaste wat âsparklesâ vashou, die dramatiese aankoms met die wit Volla, die kos, ons wonderlike gaste, die pragtige trou rok, Riaan se ongelooflike mooi toespraak, die wonderlike manier waarop almal wat betrokke was by die troue ons hanteer het en ons dag spesiaal gemaak het, die Pa en dogter dans, die intimiteit en stilte van die boskerkie, ons ongelooflike troudiens deur ons Dominee, die rit saam met Lientjie se Pappa kerkie toe vir die laaste keer as sy ongetroude dogter , maar daar is een hoogtepunt wat verseker uitstaan. Die hoogtepunt van die #virAltydVenter troue was die oomblik toe Lientjie, ingehaak by haar Pappa, in die kerkie instap en Riaan staan voor in die kerk met trane in sy oĂ« en ons weet almal is hier vir ONS! Dit was die ongelooflikste gevoel wat ons nog ooit ervaar het nie en ons kon net sĂȘ DANKIE. Ons troudag was alles waaroor ons nog ooit gedroom het.
STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:
–R 1 = 1 stem/vote–
Tik die regte bedrag in. Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount. No refunds will be done.
Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference:Â
VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21100
Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.
BANK BESONDERHEDE:
Rekening Houer:Â Mooi Troues
Bank:Â First National Bank
Rekening Tipe:Â Tjek Rekening
Rekening Nommer:Â 62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414
Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo. Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.Â
BANKING DETAILS:
Account Holder:Â Mooi Troues
Bank:Â First National Bank
Account Type:Â Cheque Account
Account Number:Â 62528022792
Branch:Â Oudtshoorn
Branch Code:Â 210-414
Important: Make sure you use the correct reference number as above. If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.
Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 For EFT payments use the below code as your reference:Â
VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21100
Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo. Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Important: Make sure you use the correct reference number as above. If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.
Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply
Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.
Diensverskaffers:
- Blomme: Country Flair Décor
- Bruidegom-pak: Tip Top Tailor Cresta
- Dekor: Country Flair Décor
- Fotograaf: Just Jordan Photography
- Gaste Geskenke: Stefan Venter
- Grimering: Corny Beneke
- Hare: Salon Renaissance van Frankfort
- Huurdienste: Country Flair Décor
- Huweliksbevestiger: Ds. Christo Weideman
- Juweliersware: Jewellery Experience
- Trouring: Jewellery Experience
- Troukoek: Creative Cakes by T & H
- Koördineerder: Lucretia Schabort van Country Flair Décor
- Musiek: The Morning After Band
- Platejoggie: The Morning After Band
- Skoene: Wedding Accessories by Tanya
- Trourok: Timeless Bridal Couture
- Venue: Mariendal Venue, Kroonstad
- Paartjie se verblyf: Die Pophuis, Kroonstad
- Vermaak: The Morning After Band
- Videograaf: Brush Wedding Films
- Huwelik kontrak: K. N. Kleynhans INC
- Wittebrood plek: Maldives – Adaaran Select Hudhuranfushi