Richard & Léandra Pretorius

STORIE:


“Girl-next-door”

So in die jaar 2016 het ek blyplek gesoek wat diere -vriendelik is en het afgekom op die mooiste, oulikste plekkie met die vriendelikste mense op ‘n plot in Pretoria.

Op daardie stadium was dit maar ‘n rowwe tyd in my lewe – het voltyds studeer en gewerk – geld was maar min. MIN het ek geweet gaan ek die man van my drome daar ontmoet. So kom klop daar iemand aan die deur – my buurman – net om vinnig hallo en welkom te sê.

In die begin het ek nie regtig belang gestel nie want die man het maar bietjie wild gelyk. So het ons mekaar leer ken en het ek agter gekom hy is eintlik maar ‘n sagte man met so goeie hart.

Ek wat my onsekere self was het 400km ver weggehardloop toe dinge begin ernstig raak. So bly ‘n 22 jarige meisie stok-siel-alleen in die mooiste maar verveligste plek en my hart verlang na die eens-op-‘n-tyd net ‘n buurman.

So besluit ek een aand genoeg is genoeg ek weet wat ek wil hê. Ek begin werk soek weer in Pretoria maar werk is skaars en kry toe net ‘n tydelike pos. So pak ek alles op met geen blyplek en geen vaste werk nie. Hy wat so goeie mens is help my toe vir blyplek soek (ek kan nie by hom bly nie want ons is nie getroud nie en en en). Ons kry nie ordentlike blyplek vir my nie en min het ek geweet hy voel presies oor my soos ek oor hom voel. Hy vra my toe of ek nie maar by hom wil intrek nie, ons sal later ‘n groter plek soek. VAN TOE AF was ons nog nooit weer geskei nie. Ons het in September 2019 verloof geraak en wou die volgende jaar trou maar toe gebeur COVID.

Ons is toe geseënd genoeg om die jaar 20 November 2021 ons Sprokie-troue te hê.

Van buurman na man.. vir ‘n beter sielsgenoot kon ek nie vra nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21084


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21084



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Bruidegom-pak: Coquis Centurion
  • Fotograaf: Louis Clarke
  • Grimering: Melissa Minne
  • Hare: Natascha Keeve
  • Troukoek: Emmie Fouche
  • Strooimeisie-rokke: Felicia Hinsbeeck
  • Trourok: Christine’s fashions
  • Venue: Colosseum Reale
  • Videograaf: Tintype productions
  • Huwelik kontrak: Reinier Joubert