Ruan & Jovan Nel-Beukes

STORIE:


Op 25 September 2021, het ons die knoop deur gehaak in die Groter Kruger by Indlovu River Lodge in Karongwe Private Game Reserve.

Aangesien die meerderheid van ons gaste Kapenaars is en die res van Pretoria, was die logistiek agter die troue ‘n groot uitdaging.

Hierdie was ‘n naweek troue en dus moes ons verblyf reel by verskeie lodges vir ons gaste.

Vrydag vroeg die oggend het ons gaste by Kaapstad Internasionaal mekaar ontmoet en saam gevlieg tot by OR Tambo in Johannesburg. Daar het hulle op bussies geklim wat hulle na Hoedspruit vervoer het.

Die vrydag was erfenisdag en dus was dit noodsaaklik om die aand lekker te braai. Ons het ‘n lam spit bedien en lekker eg Suid Afrikaanse by disse. Ons het as geskenk vir elkeen van ons gaste ‘n mooi hoed te gee wat hulle oor die naweek sou dra.

Saterdag vroeg die oggend was ons gaste op ‘n wildrit en het koffie en beskuit in die bos geniet.

Na ontbyt het ons vir die manne die rugby in die teater kamer gewys, dit was immers die Bokke teen die All Blacks en die biere was vroeg geknak.

Deur die loop van die dag, voor die seremonie, het almal lekker by hulle swembaddens vertoef.

Om 14h00 het al die gaste, geklee in wit en beige, van al 4 lodges by Indlovu River Lodge bymekaar gekom waar wildvoertuie vir hulle gewag het om na die seremonie in die bos teen die rivier te neem waar ons twee bruidegomme reeds gestaan en wag het vir ons gaste. Die wildvoertuie was die sitplekke vir die gaste tydens die seremonie. Indodana van die Stellenbosch Universiteit koor het gespeel toe die wildvoertuie arriveer by die seremonie bos area.

Na die seremonie het al die gaste op ‘n kort wildrit gegaan voor hulle sou arriveer by die voordrankies.

Die gaste was afgelaai in die bos by ‘n ou Landrover wat gedien het as ons vonkelwyn stasie. Na hulle ‘n glasie geneem het was hulle gelei na die voordrankie area. Hulle het daar die voorhappies bedien en daar was ook ‘n Gin kroeg. Die platejoggie het lekker Afrika bos musiek gespeel.

Ek en Ruan het toe met ‘n wildvoertuig deur die fotograaf en videograaf in die bos gevat ons fotos te gaan neem met die mooi Afrika sonsonsergang.

Om 18h00 het ons die gaste gelei na die onthaal. My African Dream deur Indlovu Youth Choir het kliphard gespeel met die onthulling van die lang tafel in die bos. Rook masjiene het die pad, tafel en bos gevul. Die bome en bos was belig en fees belogting oor die tafels.

Daar was sop en mieliebrood bedien as voorgereg en beesstert in klein swart potjies as hoofgereg. ‘n Koor van die Indlovu River Lodge het vir ons gesing en die tafel gebed gedoen in hulle taal.

Na die toesprake was die gaste gelei na ‘n ou helikopterplatform waar ons die dansvloer geopen het met ons moeders op Mumford & Sons en Baaba Maal se There Will Be Time, in die ope lug in die middel van die bos!

Nagereg was bedien. Koeksusters, klein malva tertjies en groot malvalekkers wat die gaste self oor die vure kon braai.

Die partytjienhet later geskuif van die helikopterplatvorm na ‘n ander area vir die napartytjie en braaibroodjies was daar bedien as ‘n laat aand versnappering.

Na ontbyt die Sondag het meerderheid van die gaste terug verkeer na OR Tambo oppad terug Kaapstad toe. Van ons gaste het nog ‘n laaste dag gebly. Ons het wildritte gedoen en lekker geswem en gekuier. Die aand het ons ‘n lekker hoender braai gehad in ‘n boma by een van die lodges vir oulaas.

Hierdie was die perfekte naweek en ons is so dankbaar vir elke liewe een se bydrae tot ons spesiale bostroue! Ons gaste wat van vêr gekom het en so mooi gelyk het was vir ons die hoogtepunt.
Die bos is vir ons die plek waar ons harte lê, en dit was vir ons ‘n voorreg om hierdie spesiale plek met die spesiaalste mense in ons lewens te kon deel.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Bee Happy Events
  • Bruidegom-pak: Country Road
  • Dekor: Bee Happy Events
  • Fotograaf: Chris Joubert, That Cape Town Kid
  • Gaste Geskenke: Bos Hoedens
  • Hare: Kuif & Baard
  • Huurdienste: SQ Eventd
  • Huweliksbevestiger: Ninien Breytenbach
  • Koördineerder: ASAP Events & Staffing
  • Musiek: DJ Kian, SMD Technical, Indlovu River Lodge Koor
  • Platejoggie: DJ Kian
  • Skoene: Country Road
  • Skryfbehoeftes: Seventy Seven
  • Venue: Indlovu River Lodge
  • Paartjie se verblyf: Indlovu River Lodge, Indlamithi
  • Vermaak: Indlovu River Lodge Koor
  • Vervoer: Osprey Tours
  • Videograaf: Thomas Willows, Spilt Silk
  • Huwelik kontrak: Ava & Simmi
  • Wittebrood plek: Sabie Sands, Silvin Safari