Tessa & Martin Visser

STORIE:


Hul was 14 jaar saam, 2 pragtige kinders, Luanique nou 10 jaar oud en Marnitz 5 jaar oud. 13 Mei 2011, toe raak hul verloof. Martin was die ruiter op haar witperd. 5 Desember 2007 het Martin geweet Tessa is sy trou vrou. Dis ook hul liedjie waarop hul gedans het. Liefde het gewen, nadat ek hul moeder hul ingeskryf het vir ‘n program op Via “Eendag”, dit het my die gelukkigste ma gemaak, om te weet die twee gaan uiteindelik trou. Tessa en Martin het altyd gesê hul sal die dag trou as hul kinders daarop aandring, ongelukkig finansieel kon hul nie regtig hul droom troue bewaarheid nie. Maar 7 Mei 2021, is hul drome bewaarheid, Tessa was ‘n sprankelende bruid, Martin se senuwees was klaar, hul moes hul troue beplan in net eendag. Nie eens die gaste het geweet waar en hoe laat, al wat almal geweet het is die datum, 7 Mei 2021. Tessa moes reël vir die aanpas en kies van trourok, watse tipe trou koek, en dekor. Martin moes sy pak kies, musiek vir instap in kerk, en liedjie waarop hul dans. “Trou Vrou” En natuurlik die belangrikste die fotograaf ontmoet. Dit alles moes gebeur die oggend van 7 Mei 2021. 4 uur moes alles gereël wees, half 5 daag al die gaste op en 5 uur trou hul in die Kapel by Lake Umuzi. Alhoewel Martin vir ‘n paar minute nie in die hande gekry kon word nie, en Tessa ‘n volle uur laat was vir haar troue, het hul wel getrou, hulle moes party van die dele oordoen, oor hardloop, dan vergeet ons nie hul het mekaar se verkeerde hande gegee toe hul die ring moes insit. Met die produksie span wat alles op kamera geneem het moes dit alles perfek wees. Tessa en Martin was een van die beste “Eendag” paartjie van hierdie reeks, sou hul dit oorhê, nooit alles was perfek. Ek as hul moeder was so bly om hul in te skryf, netso is ek opgewonde om hul in te skryf vir die ” Troue van die Jaar kompetisie” om ‘n troue letterlik te reël in net “eendag ” deur die bruid en bruidegom verdien hul ‘n prys. Jossy Jonker.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

rpt

rpt

Diensverskaffers:

  • Blomme: Boesies, Secunda
  • Bruidegom-pak: Checkmate, Secunda
  • Dekor: Boesies Weddings, Lake Umuzi, Secunda
  • Fotograaf: Zelda Fotograaf
  • Gaste Geskenke: Jossy Jonker
  • Grimering: Eendag Regiseur Lindie Jordaan
  • Hare: Eendag Regiseur Lindie Jordaan en Simply Stunning haar salon
  • Huweliksbevestiger: Ds. Hannes Reinecke
  • Juweliersware: Sterns
  • Trouring: Sterns
  • Troukoek: Boetsies Weddings, Lake Umuzi
  • Koördineerder: Heleen by Boesies Weddings, Lake Umuzi
  • Musiek: V&E Entertaiment
  • Platejoggie: V&E Entertainment
  • Skoene: Edgars
  • Skryfbehoeftes: PNA, Secunda
  • Strooimeisie-rokke: Ane Gloy & Vulecia van der Merwe
  • Trourok: Bridal Warbrobe
  • Venue: Makoro, Lake Umuzi
  • Paartjie se verblyf: Lake Umuzi Honeymoon Suite
  • Vermaak: Erika & Linda Smith
  • Huwelik kontrak: Cronje & De Waal Prokureurs
  • Wittebrood plek: Chaka Rocks Balito