Theunis & Charissa van Staden

STORIE:


Die van Stadens se liefdesverhaal:

Ons het lank gebid vir mekaar. Dit laat mens net weereens besef dat God se tyd anders en perfek is. Die pad is klaar uitgekap vir ons toekoms.

Van waar ons ontmoet het by ‘n dans op Valentynsdag verlede jaar, na ‘gekys’ wees en vyf maande later verloof te raak. Wat ‘n ongelooflike liefdesreis.

Die troudatum was eenkeer geskuif as gevolg van die pandemie na 10 April 2021. Dit was vir ons bestem om op daardie dag die groot belofte te maak voor God.

Ons het ‘n intieme troue gehad met al ons naaste familie en vriende, by die mooiste onthaalplek. Die Here het weereens sy genade uitgestort met ‘n lieflike sonskyn dag, waarvoor meer kon ons vra.

Dit is waar wat die mense sê van die dag wat so ongelooflik vinnig verby gaan. Ons het net elke oomblik ingeneem en mekaar waardeer.

Ons was absoluut geseënd met die pragtigste troue, danksy al ons geliefdes en diensverskaffers.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

    • Blomme: Marinas Verhuring
    • Bruidegom-pak: Woolworths
    • Dekor: A&E Dekor
    • Fotograaf: Life’s Moments Photography
    • Grimering: Melika Makeup
    • Hare: The Cutting Room
    • Huweliksbevestiger: Ds. Grant du Plessis
    • Juweliersware: Lovisa
    • Trouring: American Swiss
    • Troukoek: Tannie Ester Verwei – Lichtenburg
    • Koördineerder: Anke Bouwer – Bona Bona Game Lodge
    • Platejoggie: U got shot
    • Skoene: Queenspark
    • Strooimeisie-rokke: Tannie Hester Hechter – Lichtenburg
    • Trourok: Peter Bondesio Couture
    • Venue: Bona Bona Game Lodge
    • Paartjie se verblyf: Bona Bona Game Lodge
    • Huwelik kontrak: Van Rensburgs Prokureurs
    • Wittebrood plek: Hermanus