Tiaan & Franci van Zyl

STORIE:


Ons verhaal het begin by kalwer liefde & uitgespeel op ‘n ewige belofte aan mekaar. Ons was saam op skool vanaf graad 9. Van toe af was ons verlief op mekaar gewees, maar ons het eers in matriek begin kys. Ons het in 2014 ons skoolloopbaan afgesluit & mekaar vergesel na ons matriekafskeid. Universiteit het soos ‘n berg voor ons gelê, bloot vir die feit dat ons nie geweet het wat om te verwag nie. Ons was bang, en het gedink dit is beter om eerder uit te maak. Gelukkig, het ons daarteen besluit, en ons verhouding ‘n kans gegee! Stellenbosch was LEKKER! Ons het ons jongmens lewe uitgeleef, saam wakker gebly tot die son opkom, by deftige restaurante geëet, wat ons nie kon bekostig nie, en ons storieboek geskryf wat nou deel is van ons herinneringe.

Na ons studies, het ons saam begin by ‘n maatskappy in die platteland, en in ‘n piepklein woonstel ingetrek. Hierdie was ons eintlike “toets”! Daar was net plek vir een persoon in die kombuis… en eintlik in die hele woonstel! Maar, hier het ons mekaar eintlik leer ken. Ons het mens geword in daardie stadium van ons lewe. Na ‘n hele tydjie, het ons verhuis na Vredendal, waar ons darem vriende & familie kon onthaal. Stuk-stuk het ons die perfekte huisie opgesit, en sommer 2 honde en 1 kat ryker geword.

22 Februarie 2020, het ons verloof geraak op die mooiste duine in Langebaan. Ons het saam gehuil van blydskap en dadelik groot drome begin droom. 12 Junie 2021, het ons die knoop deur gehaak by Die Stoor in Morreesburg. Dit was werklik vir ons die mooiste dag. Ons praat nogsteeds oor die perfekte weer, die gevoel wat steeds so onbeskryflik is die oomblik as jy mekaar vir die eerste keer sien in die Kapel, die lekker kos, die kuier en belangrikste van alles, die liefde wat ons daardie dag aan mekaar beloof het. Die troue se dekor & atmosfeer was presies soos ons dit wou hê! Die mooi klanke van ‘n saksofoon wat die Kapel inkleur, die rooskleurige G&T’s met peuselhappies waarvan jy kon kies en keur, tot by die pragtige saal wat opgemaak is met fluweel tafeldoeke, orgidee, goue eetgerei, blomme wat oor die dansvloer hang, ‘n regte karamel sjokelade koek, ‘n naggereg tafel waarvan enige soettand droom, mooi toesprake, tot ‘n partytjie waarvan baie steeds praat! Ons trou video word baie gekyk, en ons huis is vol trou foto’s, sodat ons elke dag herinner word aan die dag wat ons trou & liefde aan mekaar beloof het, vir die res van ons lewe. Hierdie was ons spesiaalste dag tot dusver, en ons sal veraltyd 12 Junie koester.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Wilinda Hanekom Die Stoor Morreesburg
  • Bruidegom-pak: The Tux Tailor
  • Dekor: Wilinda Hanekom Die Stoor Morreesburg
  • Fotograaf: Kilig Photography
  • Gaste Geskenke: Namaqua Olives & Olive Oil
  • Grimering: Carisa Fourie
  • Hare: Salon Rene – Morreesburg
  • Huweliksbevestiger: Ds. George Prinsloo Malmesbury
  • Juweliersware: Lovisa & Mr.Price
  • Trouring: Grand Diamonds
  • Troukoek: Thelma Ann Carr
  • Koördineerder: Wilinda Hanekom Die Stoor Morreesburg
  • Musiek: Dermot Peterson Saksofoon
  • Platejoggie: Riaan Groenewald
  • Skoene: Country Road
  • Skryfbehoeftes: My design co Events & Party styling
  • Strooimeisie-rokke: Gemaak deur Mathilda Mare
  • Trourok: Cindy Bam Couture
  • Venue: Die Stoor, Morreesburg
  • Paartjie se verblyf: Vleidam Gastehuis
  • Vermaak: Dermot Peterson Saksofoon
  • Videograaf: Kilig Photography
  • Huwelik kontrak: Ds. George Prinsloo
  • Wittebrood plek: Botlierskop Private Game Reserve ; Hermanus ; Africamps Swellendam