Visser & Sunet Smit

STORIE:


Die onwaarskynlike liefdes storie, wat met ‘n “swipe right” begin het:

‘n Internet ontmoeting wat lei tot ware liefde. Na ‘n paar koffie afsprake het ons besef dat daar veel meer aan die gang is. Ongelukkig moes ons paaie skei as gevolg van ‘n onsekere toekoms. ‘n Maand nadat ons koebaai gesê het, kruis ons paaie weer en gelukkig vir ons was die einde net die begin. Die grendeltydperk het gesorg dat ons in ‘n kort tyd soveel meer van mekaar kon leer. En dit in slegs 11 maande. Ja, na 11 maande is ons verloof. Na een van die stresvolste dae van Sunet se lewe, waar sy vol twyfel en vrees was dat die liefdesverhaal weer gaan eindig, gebeur die teenoor gestelde en dit word die dag waarvoor sy vir so lank gebid het. Ons is verloof! Die blydskap en geluk is in oorvloed.

Die groot beplanning van die trou dag is aan die gang, en so is Visser. Buiten troue (en voor dit, verlowing) reel moes Visser nog leer vir sy eindeksamen. Die wonderlike man het ‘n verlowing beplan tydens sy studies en nog gehelp met troubeplanning ook! Dit was ‘n rowwe jaar, maar ons sal dit vir niks verruil nie.

Danksê die grendeltydperk het ons ‘n formidabele span geword en kon ons die trou datum (21/08/2021), venue, verblyf en etes binne die eerste 3 weke bevestig en berspreek! So lei ons trouvenue na ‘n tipiese “destination wedding”. In die volgende 2 weke was die musiek, fotograaf en videograaf bevestig en bespreek. Met die Here se genade en soveel ondersteuning van vriende en familie sou geen van die reëlings nie kon gebeur nie.

Die nuwe jaar breek aan en die rus van die fees tyd was net wat ons benodig het om ons te verfris en meer opgewonde te maak vir die groot dag. Maar die nuwe jaar bring ook nuwe uitdagings. Ons verhuis Kaapstad toe. Visser het sy eerste werk begin en Sunet het haar kleindorp besigheid geskuif na die groot stad toe, waar sy beplan om dit een van die bestes te maak.
Met die nuwe uitdagings moes ons ook onthou om tyd te maak vir mekaar, die Here en die trou-reëlings. Die grootste items is reeds bevestig, dis nou net die trouklere, trouspan en dekor wat bevestig moet word. En eerste op die lys vir Sunet was die trouspan en haar trourok.

Die trourok: what a blessing! ‘n Dag na Sunet se verjaarsdag besluit sy en haar hoofstrooimeisie om rokke te kyk voordat sy moet teruggaan huis toe. Wie sou kon raai dat die eerste winkel waarby hulle instap haar droomrok sou hê? Sunet se prentjie van haar rok was simplisties – geen kant, krale of blink nie. Die silhoeët moet meerminstyl wees. En daar, op uitverkoping, hang Sunet se rok! Sy onderhandel met die dames en kry kans om die rok daar en dan aan te pas. Dis DIE rok. Danksy Tying the Knot Bridal Boutique, baie bid en bietjie wag kon sy die rok koop en soos ‘n prinses voel op haar troudag.

Visser se pak was ‘n ander storie. Hy soek ‘n blou pak, nee wag, tuxedo. Gelukkig, ‘n skamele 6 weke voor die troue, kry ons uiteindelik Visser se pak by Eurosuit. Die perfekte blou en perfekte styl. Slegs ‘n paar alterasies later kan Visser sy pak ontvang.

Wanneer dit kom by dekor wou Sunet so min as moontlik spandeer. So wat doen ons? DIY! Ons was gelukkig genoeg om pampas en bunnytails verniet te kry. Ons glasgoedjies het ons sommer by Mr Price Home en Plastic Warehouse gekoop. Sunet het ‘n pampa sirkel gemaak uit ‘n hoola hoop, goue sproeiverf en ogiesdraad – die dag voor die troue! Ons venue, Pine Lake Marina, het gesorg vir tafeldoeke, eetgerei en dakversierings. Gepraat van dinge doen die dag voor die troue, so besluit ons om ons huwelik ten volle aan die Here oor te gee deur onsself ook te laat doop. Sonder die Here het ons storie nooit plaasgevind nie.

Ons troudag was uit ‘n sprokiesverhaal – van die spesiaalste boodskap van ‘n ongelooflike geseënde pastoor, Retief Uys, tot die aand se partytjie. Daar was wolke in die lug wat gesorg het vir die mooiste foto’s. Die son was nie te skerp nie en daar was ook geen reën nie (let wel, ons het ‘n buite troue gehad, so reën sou vir ‘n ander storie sorg.) Ons fotograaf, Judy van Just Judy Photography, het ons so gemaklik laat voel voor die kamera. Daar was geen gejaag vir foto’s nie. Sy is rustig met haar proses en dit sorg vir die beste foto’s moontlik. Sy het gesorg dat ons spesiale dag viraltyd vasgevang is in die mooiste manier. Ons videograaf van All About Photography het elke oomblik lewendig vasgevang sodat ons dit kan herleef net wanneer ons wil.

‘n Partytjie saam vriende en familie – voltooi met burgers en pizzas, wafels en doughnuts! Danksy Anel, ons koördineerder van Pine Lake Marina, kon ons elke item waaroor ons gedroom het op ons menu hê. Ons wou nie ‘n set menu hê nie, ook nie jou algemene buffet ete nie. Tydens die soektog na die venue het Anel selfs vir Sunet gebel om te hoor hoe wil ons die pizzas en burgers doen. “Build your burger?” “Mini Pizzas?” “Pizza slices?” “Hoender? Beef” “Hawaiian? Meat lovers?” Elke pizza en burger topping waaraan jy kan dink was beskikbaar.
Vir die doughnuts het ons net een vereiste gehad: Karamel doughnuts. Hoekom? Dit was ons bederfie in Potchefstroom na ‘n lang dag. Anel het gesorg vir die beste kos – wat op die perseel self gemaak word deur hulle personeel. Die pizzas het direk van die restaurant af gekom en dit was ‘n treffer! Die wafelstasie het elke gas weer soos ‘n kind laat voel! Roomys, sjokolade souse, vrugte, lekkers – alles wat op ‘n wafel hoort.

Die musiek was briljant. Ons DJ, DJ Andy Cue, het musiek uit elke dekade beskikbaar gehad. Losdans en vasdans. Daar was iets vir almal. Die dansbaan was selde leeg, en as dit leeg was, was dit net sodat ons kon eet.

Alhoewel ons teen 21:00 uit die saal moes wees (Dankie aandkloktyd!) het die dag lank gevoel – op ‘n goeie manier. Teen 21:00 was Sunet se voete al so seer gedans, sy het gedink dis middernag!

Ons kon nie vir ‘n beter troudag gebid het nie.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


R 1 = 1 stem/vote

Tik die regte bedrag in.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
Type in the correct amount.  No refunds will be done.


Vir EFT betalings gebruik die onderste kode as jou verwysing:
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21110


Vir EFT stemme moet jy ‘n minimum van R 50 spandeer.
For EFT votes you should spend a minimum of R 50.


BANK BESONDERHEDE:

Rekening Houer:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Rekening Tipe:  Tjek Rekening
Rekening Nommer:  62528022792
Tak: Oudtshoorn
Takkode: 210-414

Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos bo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie. 

BANKING DETAILS:

Account Holder:  Mooi Troues
Bank:  First National Bank
Account Type:  Cheque Account
Account Number:  62528022792
Branch:  Oudtshoorn
Branch Code:  210-414

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes.
No refunds will be done.


Vir Debiet/Krediet kaart betalings moet jy onderste kode as jou verwysing gebruik.
 
For EFT payments use the below code as your reference


VERWYSING / REFERENCE:
TVJ21110



Belangrik: Gebruik die korrekte verwysing nommer soos hierbo.  Indien jy nie die boonste verwysings nommer gebruik nie sal die paartjie nie hul stemme ontvang nie.
Geen terugbetalings sal gedoen word nie.

Important:  Make sure you use the correct reference number as above.  If you do not use the above reference number the couple will not receive their votes. No refunds will be done.


Terme en Bepalings Geld / Terms and Conditions Apply

Vir hulp klik hier om ons te kontak.
For assistance, click here to contact us.


Diensverskaffers:

  • Blomme: Self
  • Bruidegom-pak: Eurosuit
  • Dekor: Self
  • Fotograaf: Just Judy Photography
  • Gaste Geskenke: Geen
  • Grimering: Self
  • Hare: Self
  • Huurdienste: Geen
  • Huweliksbevestiger: Retief Uys; De Waal Esterhuizen
  • Juweliersware: Erfstukke, Nomination
  • Trouring: Glamira, American Swiss
  • Troukoek: Bakers Corner
  • Koördineerder: Anel Barnardo
  • Musiek: DJ
  • Platejoggie: DJ Andy Cue
  • Skoene: Bruid:Aldo; Bruidegom: Mancini van Shoe City
  • Skryfbehoeftes: Zandri Daneel – ZD Design Studio
  • Strooimeisie-rokke: Graceful
  • Tente: Geen
  • Trourok: Tying the Knot Bridal Boutique
  • Venue: Pine Lake Marina
  • Paartjie se verblyf: Pine Lake Marina
  • Vermaak: Geen
  • Vervoer: Pine Lake Marina (boot)
  • Videograaf: All About Photography
  • Huwelik kontrak: Kobus Rossouw
  • Wittebrood plek: R62, The Travelling Tortoise, Assegaai Lancewood TiPi Lodge, 27 On Ray