Waldo & Corné Botha

STORIE:


Ons albei was redelik vars uit ons vorige verhoudings toe ons mekaar in Januarie 2014 ontmoet het in Kimberley. Ek het glad nie belanggestel in die arme man nie, alhoewel ek diep binne my geweet het ek jok vir myself. Tog, nie lank daarna nie het hy sy gevoelens aan my geopenbaar, en al wou ek hoe hard daarteen stry het ek geweet ek moes na my hart luister en aanvaar hoe ek oor hom voel. Saam het ons begin beplan aan ons lewe en uiteindelik het hy my gevra om te trou na 6 lange jare op 10 Julie 2020. Ongelukkig het covid bietjie sy planne omver gegooi en moes Waldo baie vinnig planne maak om n spesiale ‘date night’ by die huis te hou. Dit was so ongelooflike spesiale dag in ons lewe. Net ons twee in ons huis. Ek was so opgewonde dat ek nie eens n woord onthou wat hy gesê het nie, die belangrikste was dat ek sonder twyfel ja gesê het! Hier het ek ook uitgevind dat my verloofring vir amper 2 jaar in ons kaggel weggesteek was! Met covid in die rondte het ons dadelik begin troue reël en datums gesoek vir 2021 omdat soveel mense hulle troues moes uitstel. Ons het slegs na twee venues gaan kyk in Bloemfontein en toe ons by Pepper Tree wegry het ons geweet dis waar ons gaan trou. Ons het besluit op 28 Augustus 2021. Ons troudag was absoluut perfek! Nie een van ons was op ons senuwees nie want ons het geweet dis ons lewensmaat wat vir ons wag. Die dekor en blomme was so mooi en die kos was heerlik. Die gaste het so lekker partytjie gehou en was uitgehonger vir lekker kuier, en hulle het! Ons sou niks verander aan hoe die dag hom uitgespeel het nie, selfs al was dit die koudste dag van die jaar!

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanneer stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Blom Online
  • Bruidegom-pak: Viléste Couture
  • Dekor: Blom Online
  • Fotograaf: Meraci Photography
  • Gaste Geskenke: Razina Khan
  • Grimering: Ronel le Roux
  • Hare: Ronel le Roux
  • Huweliksbevestiger: Ettienne Engelbrecht
  • Juweliersware: Lilyblue
  • Trouring: Carins Jewelry Design, Jewelcraft
  • Troukoek: Cynthia Kritzinger
  • Koördineerder: Vanessa Reynhardt
  • Musiek: JM Sound
  • Platejoggie: JM Sound
  • Skoene: Woolworths
  • Strooimeisie-rokke: Scheugnet Designs
  • Trourok: Whimsical Bridal
  • Venue: Pepper Tree
  • Paartjie se verblyf: Pepper Tree
  • Videograaf: Go Urban Photography
  • Huwelik kontrak: Du Plessis Strampe
  • Wittebrood plek: Weskus