Wesley & Stephany Uys

STORIE:


2 Mei 2020 moes die beste dag van ons lewe wees, en toe? Ja toe kom Covid-19 en bederf alles. Maar n dag waaroor elke meisie droom, so baie na uitsien en haar alles voor gee, het finaal gekom en op 10 April 2021 kon ons trou aan mekaar beloof. Die mooiste dag, na soveel hartseer en teleurstelling, nagte om wakker lè en wonder of dit weer uitgestel sal word, wonder of alles so mooi sal wees soos waaroor ons al vir jare droom, elke keer wat daar n “Family meeting” geroep word, is die knop in jou keel groter. Maar alle eer aan on Hemelse Vader, die 10de April was die perfekste dag. Sonskyn en liefde, geluk en eindelose vreugde, n wit rok en n hart wat bars van blydskap, n hupel in my stap en n glimal op sy gesig, n soen om te verenig en roos blare deur die lug om liefde te vier, n wals en n soet happie vir my en vir jou, samesyn en baljaar onder n maan, n sagte soen op die wang vir nag sè en n glimlag van oor tot oor om n perfekte dag te groet – meer kan ek nie sè oor ons ‘Uys I Do’. Dit was die beste dag, een waarvoor ons altyd sal dankie sè, altyd sal onthou en verewig sal koester.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: The Love Knot
  • Dekor: The Love Knot
  • Fotograaf: The Lightbulb
  • Gaste Geskenke: Chocolate Art
  • Grimering: Carmen Crouse Asthetics
  • Hare: Anika Lombard
  • Huurdienste: Best Day Ever
  • Huweliksbevestiger: Johann Koegelenberg
  • Trouring: Browns
  • Troukoek: Divine Delights
  • Koördineerder: Danica Swart – The Greenhouse Cafè
  • Musiek: Sonic State Productions
  • Platejoggie: Sonic State Productions
  • Skryfbehoeftes: Moi Noi
  • Venue: The Greenhouse Cafè
  • Paartjie se verblyf: Rosemary Hill
  • Vermaak: Shorty on Sax
  • Videograaf: The Lightbulb
  • Huwelik kontrak: Tertius Bootha Prokereurs
  • Wittebrood plek: Cacoon Maldives