Wikus & Elmarie Van der Westhuizen

STORIE:


Ons het op ‘n “dating site” ontmoet en begin gesels. Ek het toe die “dating site” delete Nog voor ons nommers uitgeruil het. Later het ek hom op. Facebook opgespoor en ons het daarop begin gesels. So het ons op ‘n eerste ontmoeting gegaan. En met die eerste kyk na mekaar was op verlief.
Hy was my ridder op die witperd waarvoor ek my hele lewe lank gewag het.
Hy het op daardie oomblik in Gauteng gebly waar ek in die Kaap gebly het. Sy familie is ook in die kaap. Ons het besluit om die lang afstand te doen en so het ons verhouding net sterker en sterker geword.
Een aand net nadat die president gepraat het toe hy by my gekuier het. Het ek gaan stort en toe ek klaar was het ek in die sitkamer ingestap en daar was hy op sy knieë om my te vra om te trou. Beste gevoel ooit.
Ek en my meisiekind het later op getrek Gauteng toe waar ons nou huidig bly.
Ons het besluit om in die kaap te trou en het ons asem opgehou tydens lockdown en al die hoeveelheid mense by ‘n troue. Weens dit het ons ook besluit om net 40 mense te wees.
Ons het getrou by Zevenwacth wine estate in Kuilsrivier.
Al ons familie en vriende is in die kaap.
Dit was die beste dag van my lewe om met my beste vriend en liefde van my lewe te trou. En dat my dogter kon deel wees van ons groot dag asook my pa.
Ons is so gelukkig en geniet elke oomblik saam.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Tannie Hannelie
  • Bruidegom-pak: Truworths man
  • Dekor: Tannie Hannelie en Henna
  • Fotograaf: Marié Malherbe photography
  • Gaste Geskenke: Almal
  • Grimering: Marié Malherbe photography
  • Hare: Marié Malherbe photography
  • Huweliksbevestiger: Willie Viljoen
  • Juweliersware: Chané Burger
  • Trouring: American Swiss
  • Troukoek: De Zoete Inval
  • Koördineerder: Phillip
  • Musiek: Adel
  • Skoene: Zando
  • Strooimeisie-rokke: Bride and things
  • Trourok: Lepitite Boutique
  • Venue: Zevenwacth Wine Estate
  • Paartjie se verblyf: Zevenwacth Wine Estate
  • Vermaak: Philip
  • Vervoer: Graig
  • Wittebrood plek: Maybe next year