Willie & Delmarie Neethling

Willie & Delmarie Neethling

STORIE:


Na 3 jaar van vriende wees het Willie vir Delmarie gevra om sy meisie te wees. Heeltemal onkant gevang was Delmarie stom geslaan en kon nie dadelik ‘n antwoord gee nie. Willie het elke aand by haar gaan kuier tot 2 uur in die oggende tot Delmarie – uiteindelik – ja gesê het.

7 jaar se herinneringe skep en avonture later het hulle saam gegroei, baklei, deur moeilike en goeie tye gegaan, maar hulle het altyd geweet hulle paadjies behoort saam.

Willie het – uiteindelik – die volgende ja woord gevra op ‘n skip balkon met ‘n uitsig van die son wat oor die see sak iewers op Mosambiek se waters, 14 Desember 2019.

10 April 2021 was God se belofte vir hul huwelik – uiteindelik – volmaak toe hulle by De Harte Venue hulle beloftes vir mekaar kon aflê in die stad waar hulle grootgeword het, ontmoet het en beplan om die res van hul verhaal uit te leef.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: Blom Bespoke
  • Bruidegom-pak: Black Tie
  • Dekor: Blom Bespoke
  • Fotograaf: Jupiter & June Productions
  • Gaste Geskenke: Self gemaak
  • Grimering: Profile Beauty
  • Hare: Profile Beauty
  • Huweliksbevestiger: Pastoor Domaine Peens
  • Juweliersware: Lovisa / Hairvine creations / Mooivlooi
  • Trouring: NWJ / Something feminine
  • Troukoek: La Moraine Cakes
  • Koördineerder: Lurika Prinsloo – De Harte Venue
  • Platejoggie: Moby’s Sound & Lighting
  • Skoene: Foschini
  • Skryfbehoeftes: Dickybird Designs
  • Strooimeisie-rokke: Wife Material Clothing Company
  • Trourok: Christa Loots Ontwerp
  • Venue: De Harte Venue
  • Paartjie se verblyf: De Harte Venue
  • Videograaf: Jupiter & June Productions
  • Huwelik kontrak: Mason Prokereur, Aktevervaardiger, Notaris
  • Wittebrood plek: Mount Sheba