Yolandi & Lloyd Priestman

STORIE:


Ons moes ons troue 2 keer uistel weens Covid.
Ons troue was gehou in McGregor, klein dorpie in die overberg. ‘n Wegbreuk naweek vir al ons gaste. Dit was baie spesiaal. Die seremonie was in ‘n wyn kelder. Dit was baie intiem met slegs kerse as lig bron.
Ons het veral moeite gedoen met die canapés waar ons storie vertel is deur ‘n foto bord. Ons het stalletjies gehad elk met verskillende drankies wat deel maak van ons storie. Bv ons het Guinness bier bedien wat aangesluit het by ons Ierland toer. Elke drankie is saam met ‘n spesifieke dis bedien wat dit komplimenteer. Ons het ‘n karikatuur gehad wat ons gaste geteken het. Hul het dit baie geniet.
Lloyd is ‘n groot wyn liefhebber en het moeite gedoen om al die disse wat bedien is by die onthaal met ‘n spesifieke wyn te paar.
Ons onthaal het ‘n groot dansvloer gehad reg in die middel. As dit nie vir aanklokreël was nie het ons tot sonop gedans.

STEM VIR DIE PAARTJIE ONDER:


Stemme maak 7 Maart 2022 oop. Klik hier om opteteken om ‘n herinnering per e-pos te kry wanner stemme vir Troue van die Jaar 2021 oop maak.

Diensverskaffers:

  • Blomme: KADOU
  • Bruidegom-pak: Hugo Boss
  • Dekor: Event Architect, KADOU
  • Fotograaf: Kobus Tollig
  • Gaste Geskenke: Blooming wonderful
  • Grimering: Cecilia Fourie
  • Hare: Cecilia Fourie
  • Huweliksbevestiger: Ds Christo du Plessis
  • Troukoek: The Hunt House Kitchen
  • Koördineerder: Infinite Concepts Group
  • Platejoggie: DJ Dean
  • Skryfbehoeftes: Event Architect
  • Trourok: Marbella de Marieé
  • Venue: Lords Wine, McGregor
  • Vermaak: Theodore Key Illustration