AJ & Megan Snyders

STORIE:


Ek was deel van die skool se netbalspan, toe AJ – ʼn jaar jonger as ek – my dopgehou het! Met behulp van ʼn vriend, kon hy met my kontak maak. ʼn Skool sokkie was ons eerste afspraak, en die res is geskiedenis! Nadat AJ op 18 Desember 2022 in Bantry Bay – met ʼn asemrowende uitsig – op sy knieg gegaan het om die ja-woord te vra, het ons besluit om nie te lank te wag nie, en ons troue is in effens meer as drie maande gereël. Ons wou graag ʼn ontspanne atmosfeer gehad het vir ons troue, en het daarom besluit om dit by Klipdraai in Meyerton te hou! Ons wou graag iets anders as die normaal doen, en het besluit om ʼn “food truck” in te huur wat die gaste sou voorsien van kos. Ons het selfs ʼn “mini doughnut” waentjie gehad wat die gaste bederf het met ietsie soet! My rok is deur Marius de Jager Designs van Vanderbijlpark gemaak, en ek het soos ʼn prinses gevoel – presies soos in my klein-dogtertjie drome. Die gevolg het bestaan uit ʼn paar beste vriende en vriendinne, en my twee nefies was my “Bridesmen” gewees. My ouma van 79 was my “Maid of honour” – en dit het die dag nog meer spesiaal gemaak!

Die troukar was ʼn Lamborghini, wat ekstra smaak tot die dag toegevoeg het! Klipdraai se tuine was pragtig, en toe die trouklokke lui, het die oomblik waaroor ek so lank gedroom het, ʼn realiteit geword! AJ het gespanne aan die anderkant van die rooi tapyt vir my gewag, en kon nie help om skaamteloos te huil toe hy my sien instap nie – ons het net oë vir mekaar gehad! Ons is nou al amper ʼn jaar getroud, en ek dank die Here nogsteeds elke dag dat Hy ons bymekaargevoeg het. Die lewe saam met my pragtige man is ʼn avontuur!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23269

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23269

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Amanda Herbst/Pandarasie
                • Bruidegom-pak: Oriental Plaza
                • Dekor: Pandarasie
                • Fotograaf: Willow Road Photography
                • Gaste Geskenke: NVT
                • Grimering: Carla de Bouchet
                • Hare: Simone Oosthuizen
                • Huurdienste: NVT
                • Huweliksbevestiger: Oudste Martin Hanekom
                • Juweliersware: American Swiss/Lovisa/Swarovski
                • Trouring: The Vow Diamonds
                • Troukoek: Pandarasie
                • Koördineerder: Pandarasie
                • Musiek: Point Blank Productions
                • Platejoggie: Warren Pelser
                • Skoene: Oriental Plaza
                • Skryfbehoeftes: Cat Designs
                • Strooimeisie-rokke: Designs by Marius
                • Tente: Elite Tents
                • Trourok: Designs by Marius
                • Venue: Klipdraai, Meyerton
                • Paartjie se verblyf: Klipdraai
                • Vermaak: Point Blank Productions/Photo Booth
                • Vervoer: Grant Mason
                • Videograaf: Willow Road Photography
                • Huwelik kontrak: Peters Attorneys
                • Wittebrood plek: Zanzibar Bay Resort