Alwyn & Michelle Pansegrouw

STORIE:


Ons trou storie het begin met ons eerste ontmoeting.  Ek het die oggend werk toe gery deur die Kaaimans pas van George en deur ʼn swerm wit seevoëls gegaan, met Ma oor bluetooth van kar gepraat en dit vertel.  Haar woorde was “my kind dalk ontmoet jy vandag jou trouman” het gelag en gese dalk ons sal maar moet sien, ons hoop so.

Eerste ontmoeting het ek geweet hierdie man wil ek weer sien ek was dadelik verlief op sy persoonlikheid, hy as mens.  So het ons mekaar verder gesien … Lang storie kort 14 Januarie 2023 toe hy my vra om te trou … Met ons verlowing op die strand by Swartvlei, Gericke’s point, het ons 2 die dag by die ‘rots’ opgeloop en my Ma het hom gehelp met die opset van verlowing onder, ons het afgekom en om die draai was als mooi uitgelê soos beplan ek wou nog altyd op strand gevra word, hy het mooi boodskap aan my oorgedra en op sy knieë gegaan en my gevra, ek het sommer Ja gesê nog voor hy kon klaar maak. Ons het gelag, gehuil en mekaar vasgehou, toe ons opkyk boontoe toe sit dieselfde wit seevoëls reg bo ons koppe op die rots soos daardie oggend wat ek hom ontmoet het. Dit was ons teken dat die Here is saam ons met elke stap op hierdie pad wat vir ons beplan is.

Ons het verskillende venues op Google gekyk en die mooiste een vir ons gekies, gaan kyk en dit was ons keuse en ons datum was oop op 14 Oktober 2023 (ons wou by die 4’e hou indien ons op 24ste Julie saam was en 14de Januarie verloof en 14de Oktober trou.  Alles het in plek geval van die heel begin af, ons Dominee, DJ, Fotograaf, Videograaf was beskikbaar vir ons datum.

Ek het so 3 plekke besoek vir my rok … Nie my idee gesien nie, Ma het my ʼn foto gestuur en dit was my rok ek wou nie iets anders hê nie. Ek het ʼn verwysing na Rene Heydon gekry en my rok was perfek, prentjie mooi 100% soos ek dit wou hê, perfek gesit.  Tot presies dieselfde kant as op my prentjie.  Troupak het ons die perfekte een, kleur en styl gevind.

Venue is stunning tussen die vrugte wingerde, berg uitsig vanaf seremonie en ʼn beeldskone saal vol liggies en kerse.  Dekor was my man se Tannie, sy is so talentvol en ek het geen stres gehad daaroor nie, ek hou van eenvoudig, min maar netjies en mooi en dis presies wat ek op my tafels gekry het.  Ons dag was so spesiaal.  Die hele Oktober se naweke het dit gereën, soms amper verspoel en net Ons dag, daardie Saterdag, 14 Oktober het die son geskyn, dag was mooi oop en kon vir niks meer gevra het nie.  Die Here het ons gebede gehoor en ons die perfekte dag gegee.  Ons beplanning het alles net in plek geval net soos ons spesiale dag.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23057

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23057

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Izelle Bester
                • Bruidegom-pak: Amigo men’s fashion
                • Dekor: Izelle Bester
                • Fotograaf: Beverley Joubert
                • Gaste Geskenke: Schoemanati mampoer
                • Grimering: Lynette Botha / Tersia van Gerve
                • Hare: Monique Jansen van Vuurnen
                • Huurdienste: Geen
                • Huweliksbevestiger: Rudolph Grobler
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Tip Top Jewellers
                • Troukoek: Ghitas Bakery
                • Koördineerder: Izelle Bester
                • Musiek: DJ Morne
                • Platejoggie: DJ Morne
                • Skoene: Kingmead
                • Skryfbehoeftes: Geen
                • Strooimeisie-rokke: The maiden dresses
                • Tente: Geen
                • Trourok: Rene Heydon
                • Venue: Oppieplaas (Waboomskraal)
                • Paartjie se verblyf: Kouwdouw Guesthouse
                • Vermaak: Geen
                • Vervoer: Eie Vervoer
                • Videograaf: Nadege Klaiss (Prisca Production)
                • Huwelik kontrak: Alta Roos (RoosInc Attorneys)
                • Wittebrood plek: Thailand. Phuket